Na baie vroegoggende se oefening en ‘n wiskundekamp was ons leerders reg om teen 9 ander skole mee te ding. Die leerders was in goeie gees, maar tog ‘n bietjie senuweeagtig oor die onsekerheid wat voorlê. Die kompetisie bestaan uit 10 skole en 4 spanne per skool. Dit beteken 40 spanne en  160 leerders wat op die aand deelneem.
Die skole was: Van Riebeeckstrand, Mikro, Welgemoed, Gene Louw, Curro Langebaan, Table View, Laerskool Brackenfell, Melkbos Privaat, Elkanah House en Jan van Riebeeck.

Die kompetisie fokus op vinnige denke en baie moeilike woordsomme. Die eerste rondte moet alle leerders 25 somme in 5min beantwoord. Rondte twee beantwoord alle leerders 10 woordsomme op hule eie. Rondte drie kry elke span 8 woordsomme en elke leerder moet twee kies en beantwoord. Laaste rondte bestaan uit twee vrae wat die span saam kan beantwoord. Na afloop van al die rondtes was dit tyd om aan te kondig wie die wenspan en wenskool is.
Vir die eerste keer in die 13 jaar wat die kompetisie plaasvind, het ‘n skool dit reggekry waar al 4 hul spanne in die top 10 geëindig. Ons kan met trots sê dat dit ons is wat dit reggekry het. Ons spanne het eerste, vierde, sewende en agste geëindig. Saam met die wenspan is ons ook aangewys as die beste skool. Uitstekende prestasie en vir die tweede jaar in ‘n ry wat ons beide afdelings van die kompetisie wen!!
Ons spanne:
Wenspan: Hanna van der Westhuizen, Janneke van der Walt, Kate Wilkin en Edmund van Rooyen.
4de plek:  Inge Meyer, Obed Bam, Johann Jordaan en Benjamin Pienaar.
7de plek:  Helena Laubscher, Thea de Lange, Chris Scott en Albert Matthee
8ste plek: Joshua Harvey, Stef Mostert, Gerard Snijders en Henry Potgieter.

Baie geluk aan al hierdie leerders se puik prestasie. Dit is ongelooflik. Baie dankie aan elke leerder wat so hard gewerk het, baie dankie aan elke ouer wat die leerders al 06:40 by die skool moes aflaai, baie dankie aan mnr Lilly wat altyd ‘n helpende hand bygesit het en baie dankie aan mnr Hanekom wat die ekstra myl gestap het om die leerders voor te berei vir die kompetisieisie.Ons is sommer baie trots op julle almal!!