Divan Rossouw (Graad 7) en Bernard Lombaard (Graad 5) vertrek op 25 September na Vancouver, Kanada, om aan die 7de Internasionale Karate-do Goju-kai Assosiasie Wêreldkampioenskappe deel te neem. Die toernooi vind elke vier jaar plaas en 1092 deelnemers van 26 lande,insluitende die VSA, Brittanje, Japan, Kanada, Australië, Kanada, Brasilië, Swede, Switserland, China en ons bure, Namibië neem deel. Die twee is reeds verlede jaar as deel van die Suid-Afrikaanse span aangewys en moes reeds baie oefenure insit ter voorbereiding vir die kampioenskappe. Die byeenkoms vind plaas van 28 September tot 1 Oktober by die geskiedkundige Richmond Olympiese Oval wat in 2010 die Winter Olimpiese Spele gehuisves het. Dit is voorwaar ‘n reuse prestasie om op die vlak deel te kan neem. Ons is sommer baie trots op die manne en wens hulle alle voorspoed toe!!!