Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 8 September 2017    Skaakwedstryd teen Weizmann  (Weg)

Saterdag, 9 September 2017    WOW Spelfees-Nasionale Kompetisie 

Saterdag, 9 September 2017    Dapper Stappers  

Saterdag, 9 September 2017    Eisteddfod – sang  

Dinsdag, 12 September 2017    Juf. Trix v d Vyver verjaar  

Donderdag, 14 September 2017    Wisk.Kompetisie te Melkbos  

Vrydag, 15 September 2017    Skaakwedstryd teen Highlands  (Tuis)

Saterdag, 16 September 2017    Eisteddfod  

Maandag, 18 September 2017    Konsert (kleedrepitisie)  

Dinsdag, 19 September 2017    Konsert tot Vrydag 22 September  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Nasionale Braaidag: Sondag 24 September

Ons wil alle ouers en kinders uitnooi om nasionale braaidag saam met ons op die Conradieveld te vier!…  dan kan ons ook sommer lekker nabetragting hou oor ons pas afgelope konsert…. en die lekkerste van hierdie dag is dat die volgende dag, nl. Maandag 25 September, ‘n vakansiedag is! Ons sal sorg dat daar genoeg braaidromme, hout en blitz is, die res moet u self saambring. Dit is natuurlik heeltemal GRATIS!



Gimnastiek

Twee van ons leerders, nl. Layla Erasmus en Mia Vorster, het verlede naweek tydens die WP-Kampioenskappe uistekend gevaar en is gekies om gedurende die Oktobervakansie aan die SA-Kampioenskappe in Pretoria te gaan deelneem. Baie geluk julle en ons hou styf duimvas dat julle daar ook goed sal vaar!



Swem/Nippers

Pierre Botha, een van ons Gr. 7-leerders het verlede Saterdag, tydens die Clifton Surf Lewensreddingsklub se toekenningseremonie uitstekend gevaar:

Hy is aangewys as: 

* “Nipper of the Year” o/13

* “Spirit of Clifton” (Asook mees uitstaande o/13 seun)

* “Top Point Scorer” o/13

Hy het ook verlede Sondag aan die Clifton 1 myl (1,6km) “oop water swem” deelgeneem en ‘n 2de plek behaal…. (Die temperatuur van die water was 14°C)

ALGEMEEN

KORREKTE KOMMUNIKASIEKANALE

Alle ouers is nie altyd seker wat die korrekte kanale is om te volg wanneer hulle voorstelle / navrae / klagtes het oor sekere aspekte by die skool nie. 

Akademie

Vir akademiese aangeleenthede, kontak eers die betrokke vak- of klasonderwyser en daarna die akademiese hoof, Me Marinda Brink. Vervolgens kan u die skoolhoof nader. 

Sport

Vir sportsake, kontak eers die afrigter, daarna die hoof van die betrokke sport, en dan die sportbestuurder. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.

Indien ‘n sportwedstryd gekanselleer word, sal die skool ‘n sms uitstuur om ouers hiervan in te lig.  Die sms sal uitgestuur word sodra kennisgewing ontvang word, of as dit ‘n tuiswedstryd is, om 12h00.

Kultuur

Vir kulturele aangeleenthede kontak die betrokke onderwyser, en daarna die departementshoof van Musiek, Me. Helecia Groenewald. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.

Geboue en terrein

Indien u klagtes of voorstelle aangaande die geboue en terrein het, kan u met die opsigter of die skoolhoof in verbinding tree.

Indien u al bogemelde kanale gevolg het en steeds geen sukses behaal het nie, kan u die betrokke beheerraadslede kontak, en daarna die voorsitter.

Vir u gerief heg ons die volgende persone se e-posadres aan:

HOOF VAN:

NAAM EN VAN

EPOS ADRES

RUGBY + ATLETIEK 

Leon Hanekom

leon@jvrprim.co.za

NETBAL 

Razelle Hanekom

razelle@jvrprim.co.za

KRIEKET 

Timothy Lilly

timothy@jvrprim.co.za

TENNIS 

Nora Verster

nora@jvrprim.co.za

SWEM 

Bibi Stoffberg

Bibi@jvrprim.co.za

LANDLOOP 

Mareli Boshoff

mareli@jvrprim.co.za

SKAAK 

Rachè de Goede

rache@jvrprim.co.za

KULTUUR 

Helecia Groenewald

helecia@jvrprim.co.za

AKADEMIE 

Marinda Brink

marinda@jvrprim.co.za

SKOOLHOOF 

Johan Oosthuizen

jhoosthuizen@jvrprim.co.za

OPSIGTER 

Hannes Muller

hannes@jvrprim.co.za

BEHEERLIGGAAM (Voorsitter)

Nicole Strauss

nstrauss@iafrica.com

BEHEERLIGGAAM

(SPORT) 

Hennie du Plooy

hennie@lmv.co.za

BEHEERLIGGAAM (KULTUUR) 

Nicole Strauss

nstrauss@iafrica.com

BEHEERLIGGAAM

(GEBOUE EN TERREIN)

LJ le Roux

Jean Lombaard

lj@lrjprojects.co.za

mail@jlb-architects.co.za

Boomplantdag het op ’n goeie noot afgesluit, ten spyte van die gure weer. Die Groote Kerk Kaapstad het ’n ruim skenking van 16 hoë Ficus-bome aan die Laerskool gemaak, en die terreinpersoneel het hard gewerk om die bome na die skool te karwei en 16 diep gate te grawe. Dit gaan ’n pragtige heining in Kloofstraat vorm, in die area voor die boomhuis. Sodra hierdie bome aangepas het in hul nuwe omgewing, sal dit nie net die Graad 1 & 2’s en nasorgkinders se speelgrond meer privaat maak nie, maar ook ’n rustige oase in die middel van ’n besige straat skep. 

Dankie aan ons terreinpersoneel wat altyd gewillig is om hard te werk om ons terrein te verbeter.

Sport- en kultuurfoto’s (datum verskuif)

Die sport-en kultuurfoto’s, die Beheerraad- en OOV-foto’s se aanvanklike datum verskuif nou na Woensdag, 18 Oktober.

 Foto’s wat geneem word, is: Leerderraad, Bib monitors, SO Redaksie, Jnr en Snr koor, Musiek, WP Kleure, Eisteddfod – medaljewenners, Landloop, Moderne dans, Dapperstappers, Swem, Atletiek,Tennisspan, Skaakspan, Gr 7, Jnr en Sen Drama, Rugby, Krieket, Netbal en Wiskunde-groep. Leerders moet die korrekte sportdrag saambring. (LW. Swemfoto – sweetpakke, Dansfoto in dansklere.)

Leerders vanaf graad 1 tot graad 7 kan `n onderwyser nomineer wat vir hul uitstaan met baie spesiale eienskappe. Hierdie onderwyser kom dan in aanmerking by die WKOD vir `n toekenning as: Onderwyser van die Jaar.

Leerders kan `n inskrywingsvorm by mev. J.C. Smit kom afhaal en voltooi. Sy sal hul ook bystaan met die inskrywing. `n Baie belangrike vereiste wat leerders moet onthou, is dat daar `n tekening op `n A4-papier of `n video-opname van die betrokke onderwyser, bygevoeg moet word. Die sluitingsdatum is 24 September.

Was jy al by The Vic, ‘n nuwe kuierplek bo in Kloofstraat (oorkant die hoërskool)? Jurie Blomerus, Noah se pa, nooi alle Jannies-ouers om Sondagmiddag in te loer vir ‘n dag van goeie musiek, heerlike dun-kors pizza en ‘n wye verskeidenheid boetiek-biere. Bacchus Nel en Rikku Lätti (ook ‘n Jannies-ouer) tree op en die dag beloof om groot pret te wees vir die hele gesin. 

Waar: The Vic Bar, 84 Kloofstraat, Tamboerskoof (oorkant die Hoërskool)

Wanneer: Sondag 10 September om 15:00

AKADEMIE

30 uit 2189 leerders in ons streek was gekies om ‘n pretdag by te woon by die Universiteit van Stellenbosch. Van die 30 leerders het 6 leerders uit ons skool gekom.  

Die leerders was:

Thea de Lange

Hanna van der Westhuizen

Janneke van der Walt

Kate Wilkin

Joshua Harvey

Eben Labuschagne

Ongelukkig kon Hanna, Janneke en Kate nie die dag bywoon nie aangesien hulle ook aan die WKOD-Wiskundekompetisie deelgeneem het. Ten spyte dat Janneke nie die pretdag kon bywoon nie ,het sy volgens haar toets uitslae ‘n algehele 3de plek verower. Saam met dit ook ‘n kontantprys van R250 gewen.

Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots op haar.

THE BOOK PEOPLE, Woensdag 27 & Donderdag 28 September in die biblioteek. Kom ondersteun ons asseblief.

mistroostig

Wenner: Johan de Villiers (Gr.5vdB)

Definisie: verdrietig, neerslagtig

Sin: Ek voel baie mistroostig oor my Wiskunde-punte.

KULTUUR

Op Saterdag 9 September, gaan ons Graad 5 – 7 leerders deelneem aan die Sang  Eisteddfod. Dit vind in ons skoolsaal plaas. Leerders het hulle individuele tye reeds ontvang. Baie sterkte aan almal wat gaan deelneem.

Ons kinders het Saterdag deelgeneem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Junior Sangafdeling en uitstekend gevaar.Baie geluk!!!

Kerala Allewall          84% en 85%

Chrystal Conradie     85% en 85%

Sofia Newton             84% en 88%

Elsabe Scholtz           81% en 84%

Alexander Uhlig         84% en 90%

Mia Symington           80% en 85%

Heloise Strauss         85% en 90%

Emma Liebenberg     87% en 88%

Mieke Hertzog           83% en 86%

Sebastiaan Boshoff   88% en 90%

Stephan le Roux         84% en 85%

Erin Holleman           88% en 90%

Ons is baie trots op julle!

SPORT

Benke Grobler, een van ons nuwe leerders, het in die vorige swemseisoene erkenning gekry by NTS (Gauteng Swem) vir sy swemprestasie.  Benke het die NTS 200m borsslag rekord gebreek, asook die NTS Excellence Award ontvang vir die swemmer met die beste optrede in sy ouderdomsgroep, gebaseer op die Hy-tek enkel jaarpunte by SA Junior Nationals Dit is met trots dat ons Benke gelukwens met sy prestasie.  

Saterdag het ons die rugbyseisoen afgesluit met ‘n sewes toernooi op die Conradieveld. Ses skole het aan die toernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag en ons spanne het baie goed gedoen.

Die 0/11’s het al 5 van hulle wedstryde gewen en die dag onoorwonne afgesluit.

Die 0/13’s het 3 gewen en 2 verloor. 

Dit was lekker om die veggees in ons spelers te sien. Teen spanne waar spelers amper twee keer so groot soos ons spelers was, het hulle elke wedstryd net hul bes gegee. ‘n Spesiale woord van dank aan Esna wat die eetgoed vir ons gereël het, Hannes en sy span wat seker gemaak het als is betyds opgeslaan en als weer netjies gebêre het, juf. Hanekom en ons ouers wat die snoepie so goed hanteer het, mnr. Lilly wat op die dag ons kommentator was en mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het om die dag ‘n groot sukses te maak. Dit was ‘n lang seisoen en ons wil vir elke ouer dankie sê, of dit met vervoer was, verversings of ondersteuning, ons waardeer dit baie. 

Dankie aan elke rugbyspeler wat elke wedstryd net sy beste gegee het. Ons sien nou al uit na volgende jaar se seisoen.

Ons skaakspan is Vrydag, 1 September, direk na skool, met groot opwinding na Kampsbaai toe, waar ons teen Phyllis Jowel skaak gespeel het. Ons skaakspelers het elke beweging haarfyn beplan en ‘n groot oorwinning van 5-3 behaal. Geluk Jannies!

Kindness, like a boomerang, always returns.

– Unknown

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209