Boomplantdag het op ’n goeie noot afgesluit, ten spyte van die gure weer. Die Groote Kerk Kaapstad het ’n ruim skenking van 16 hoë Ficus-bome aan die Laerskool gemaak, en die terreinpersoneel het hard gewerk om die bome na die skool te karwei, en 16 diep gate te grawe. Dit gaan ’n pragtige heining in Kloofstraat vorm, in die area voor die boomhuis. Sodra hierdie bome aangepas het in hul nuwe omgewing, sal dit nie net die Graad 1 & 2’s en nasorgkinders se speelgrond meer privaat maak nie, maar ook ’n rustige oase in die middel van ’n besige straat skep. 
Dankie aan ons terreinpersoneel wat altyd gewillig is om hard te werk om ons terrein te verbeter.