Saterdag het ons die rugbyseisoen afgesluit met ‘n sewes toernooi op die Conradieveld. Ses skole het aan die toernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag en ons spanne het baie goed gedoen.

Die 0/11’s het al 5 van hulle wedstryde gewen en die dag onoorwonne afgesluit.
Die 0/13’s het 3 gewen en 2 verloor. 
Dit was lekker om die veggees in ons spelers te sien. Teen spanne waar spelers amper twee keer so groot soos ons spelers was, het hulle elke wedstryd net hul bes gegee. ‘n Spesiale woord van dank aan Esna wat die eetgoed vir ons gereël het, Hannes en sy span wat seker gemaak het als is betyds opgeslaan en als weer netjies gebêre het, juf. Hanekom en ons ouers wat die snoepie so goed hanteer het, mnr. Lilly wat op die dag ons kommentator was en mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het om die dag ‘n groot sukses te maak. Dit was ‘n lang seisoen en ons wil vir elke ouer dankie sê, of dit met vervoer was, verversings of ondersteuning, ons waardeer dit baie. 
Dankie aan elke rugbyspeler wat elke wedstryd net sy beste gegee het. Ons sien nou al uit na volgende jaar se seisoen.