Hierdie week se Jannies van die week is Juliette en Amelie Visser in Gr3.  Ons hoop julle geniet julle Col Caccio’s geskenkbewys sommer baie.

Julle moet almal solank beplan vir ons volgende JAPTRAP SKOOLTOESTAP – dit gaan Woensdag, die 6de September, plaasvind.  Die rasionaal hiervoor is om bewustheid te skep oor hoe ons ons koolsuur-voetspore kan kleiner maak.  Ons doen ‘n beroep op al die ouers wat in die stadskom bly om by ons aan te sluit – dis net een oggend in ‘n maand! Ons ontmoet op twee plekke en stap dan saam skooltoe.  Dis regtig nie ver nie en dis groot pret!  As daar ouers is wat verder bly kan julle gerus inry stad toe en by een van die 2 punte by ons aansluit.
-Vir die wat in Tamboerskloof bly – ontmoet 7:30 by Burnside Road Park (oorkant die verkeersligte by Kloofnek straat)
-Vir die wat in Oranjezicht/Vredehoek bly –  ontmoet 7:25 langs die tennisbane in De Waal Park.
Vir meer inligting kontak asb vir:
Isabel Lynch (074 144 2288) of
Suna Karsten (079 500 3511)