Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 1 September 2017    Skaakwedstryd teen Phyllis Jowel  (Weg)

Saterdag, 2 September 2017    Rugby Sewes: 0/11 – 0/13  (Tuis)

Saterdag, 2 September 2017    Eisteddfod – sang 

Sondag, 3 September 2017    Mev. Sanna Molepo verjaar 

Maandag, 4 September 2017    Mnr. Patrick Chadzuka verjaar  

Maandag, 4 September 2017    Krieketoefening begin  

Woensdag, 6 September 2017    Japtrap skooltoestap  

Woensdag, 6 September 2017    Ouerinligtingsessie: Gevare van sosiale media (19:00)  

Vrydag, 8 September 2017    Skaakwedstryd teen Weizmann  (Weg)

Saterdag, 9 September 2017    WOW Spelfees-Nasionale Kompetisie  

Saterdag, 9 September 2017    Dapper Stappers  

Saterdag, 9 September 2017    Eisteddfod – sang  

Dinsdag, 12 September 2017    Juf. Trix v d Vyver verjaar  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Skoolkonsert: Maandag 18 September tot Vrydag 22 September

Ons herinner alle ouers aan ons konsert… Die kleedrepetisie is op Maandag 18 September en die laaste aand is op Vryadagaand 22 September.

Soos in ‘n vorige nuusbrief genoem, is ons bewus daarvan dat Maandag 25 September ‘n vakansiedag is, maar ons wil u baie mooi vra om nie al die Vrydag te vertrek as u vir die naweek wil weggaan nie. Die skool sluit in elk geval Vrydag 29 September vir Vakansie!

Skooltye: Maandag 18 September tot Vrydag 22 September

As gevolg van die konsert sal die skool vanaf Maandag 18 September tot Vrydag 22 September om 13:00 sluit vir Gr 1-3 en om 13:15 vir Gr. 4-7. Daar sal ook gedurende hierdie week geen buitemuurse aktiwiteite (privaat aktiwiteite uitgesluit) by die skool aangebied word nie. Leerders moet goed uitgerus wees en vroeg reeds by die skool wees vir die grimering en kostuums aantrek.

ALGEMEEN

Ons herinner alle ouers 

Ouerinligtingsessie oor gevare/effek van sosiale media/tegnologie op die ontwikkelende brein

Op Woensdagaand, 6 September 2017, om 19:00 sal dr. Tamara Maresky (kinderpsigiater) ons inlig oor die gevare en effek wat sosiale media/tegnologie op ons kinders se ontwikkelende brein het. Sy sal ook aandag skenk aan die sielkundige aspekte rondom hierdie aktuele onderwerp.  Dit sal in ons skoolsaal plaasvind.Elke ouer behoort hierdie baie belangrike inligtingsessie by te woon.

Hierdie week se Jannies van die week is Juliette en Amelie Visser in Gr3.  Ons hoop julle geniet julle Col Caccio’s geskenkbewys sommer baie.

Julle moet almal solank beplan vir ons volgende JAPTRAP SKOOLTOESTAP – dit gaan Woensdag, die 6de September, plaasvind.  Die rasionaal hiervoor is om bewustheid te skep oor hoe ons ons koolsuur-voetspore kan kleiner maak.  Ons doen ‘n beroep op al die ouers wat in die stadskom bly om by ons aan te sluit – dis net een oggend in ‘n maand! Ons ontmoet op twee plekke en stap dan saam skooltoe.  Dis regtig nie ver nie en dis groot pret!  As daar ouers is wat verder bly kan julle gerus inry stad toe en by een van die 2 punte by ons aansluit.

-Vir die wat in Tamboerskloof bly – ontmoet 7:30 by Burnside Road Park (oorkant die verkeersligte by Kloofnek straat)

-Vir die wat in Oranjezicht/Vredehoek bly –  ontmoet 7:25 langs die tennisbane in De Waal Park.

Vir meer inligting kontak asb vir:

Isabel Lynch (074 144 2288) of

Suna Karsten (079 500 3511)

AKADEMIE

Dertien van ons leerders het Saterdag aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie deelgeneem. Dit is al klaar ‘n uitsonderlike prestasie om aan die rondte deel te neem Die beste 6 leerders in elke graad per kring, word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.

Die leerders wat deelgeneem het is: 



Stella Malan, Daniel Loots, Dawid Adler, Peet Karsten, Benjamin Pienaar, Christiaan Stimie, Gerard Snijders, Inge Meyer, Lené Vorster, Edmund van Rooyen, Hanna van der Westhuizen, Janneke van der Walt, Kate Wilkin.

Daar is twee kategorieë waarvoor pryse uitgedeel word. Die eerste katogerie word pryse uitgedeel vir die leerders wat die beste in hulle kring gedoen het en die tweede kategorie, wie algeheel die beste gedoen het per graad. Jan van Riebeeck is in kring ses en daar is 20 skole in ons kring.

Die leerders wat die beste in ons kring gedoen het is: (Hulle het almal ‘n beker en medalje ontvang.)

Graad 5:

3de – Daniel Loots

2de – Dawid Adler

1ste – Peet Karsten

Graad 7:

3de – Kate Wilkin

2de – Janneke van der Walt

1ste – Hanna van der Westhuizen

Die tweede kategorie was die algehele wenners per graad. Daar was altesaam 110 skole wat deelgeneem het aan die kompetisie.

Graad 5:

2de – Dawid Adler

1ste – Peet Karsten

Graad 7:

3de – Janneke van der Walt

2de – Hanna van der Westhuizen

Dit beteken die leerders is in die top drie in ons hele distrik. ‘n Fantastiese prestasie. Wel gedaan aan elke leerder wat deelgeneem het. Julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou en ons is baie trots op julle almal!

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend gevaar het tydens die kringrondte van die Wow-Spelfees:

Die Wes-Kaap rondte vind op 9 September by die Universiteit van Stellenbosch plaas.  Sterkte met julle voorbereiding!

Gr.1

1ste Katia van Wyk

2de Karlien vd Walt

3de Liza Hertzog

4de Lara Frontini

Gr.2

1ste Simon van Dyk

2de Emke van Wyk

3de Markus de Ridder

4de Cara Swanepoel

Gr.3

1ste Ewan Naude

2de Mia Symington

3de Vida Engels

4de Ameli Snyman

Gr.4

1ste Stella Malan

2de Armand Meyer

3de Jana Brink

4de Teia Louw

Gr.5

1ste Anna van Biljon

2de Annie Basson

3de Peet Karsten

4de Zazzie Henderson

Gr.6

1ste Stefan van Wyk

2de Isabelle Lategan

3de Henry Potgieter

4de Christiaan Stimie 

Gr.7

1ste Ella Basson

2de Inge Meyer

3de Pierre Botha

4de Stephen Claassen

Skrywer Fanie Viljoen ,besoek ons volgende Vrydag, 8 September.

Sy boeke sal te koop wees by ons Afrikaanse boekverkoping met boeke van LAPA-uitgewers op 19 en 20 Oktober.    

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende kinders wat weer uitstekend presteer het die afgelope week:

Kate Wilkin          Klavier    89%

Linden Murray     Klavier    91%

Leila Lonte          Klavier    90% en 91%

Neena Lonte       Klavier    91% en 91%

Baie geluk aan ons 2 topleerders wat elk ‘n silwer medalje gewen het:

Neena Lonte       Junior Klavier 10 jaar en onder

Kate Wilkin         Junior Klavier Groepsolos 12 jaar

Alle leerders wat ingeskryf is vir Solosang,  neem oor die volgende 2 Saterdae by ons eie skool deel:

Graad 1 – 4 op 2 September en

Gr 5 – 7       op 9 September

Leerders het individuele tye by onderwysers gekry.Maak asb seker dat julle betyds daar is.

Baie geluk aan Maia Camille wat aanvaar is as lid van die Tygerberg Kinderkoor. Dis n groot eer en ons hoop sy geniet die ondervinding, veral omdat hulle weer volgende jaar oorsee gaan toer.

SPORT

Ons het Woensdag, 31 Augustus, alle netbalaktiwiteite vir 2017 afgesluit en maak Saterdag, 2 September, amptelik klaar met die rugby. Ons bied die Sewes-toernooi vir O/11 en O/13 aan.

Ons begin Maandag, 4 September, vir twee weke met ons Somersport, sodat ons solank ‘n idee kan kry van wat die deelname gaan wees en om die leerders steeds aktief aan die gang te hou.  Dit gaan slegs vir twee weke wees omdat ons dan met die konsertoptredes begin.

Die swem gaan eers in die vierde kwartaal begin omdat die weer nog nie na wense is nie. SOMERPROGRAM 

Eerskomende naweek sluit ons af met die rugbyseisoen op die Conradieveld. Ons 0/11 en 0/13 spanne neem deel aan die jaarlikse 7’s toernooi wat aangebied word deur Laerskool Jan van Riebeeck en BSC, Breë Street Capital.

Dit is elke jaar ‘n heerlike dag waar ses verskillende skole teen mekaar speel. Daar is geen wenners aan die einde van die dag nie, net rugby wat op sy lekkerste gespeel word.



Die program vir die dag:

Kampsbaai 9:00 Elkanah House

Hamiltons 9:15 Monte Vista

Kronendal 9:30 Elkanah House

Hamiltons 9:45 Kampsbaai

Kronendal 10:00 Monte Vista

Jan v Riebeeck 10:15 Elkanah House

Monte Vista 10:30 Kampsbaai

Kronendal 10:45 Jan van Riebeeck

Hamiltons 11:00 Elkanah House

Kronendal 11:15 Kampsbaai

Hamiltons 11:30 Jan van Riebeeck

Monte Vista 11:45 Elkanah House

Jan van Riebeeck 12:00 Kampsbaai

Hamiltons 12:15 Kronendal

Jan van Riebeeck 12:30 Monte Vista

Ons hoop elke speler geniet die dag en dat baie ouers en kinders ons sal kom ondersteun.

Ons skaakspan is Vrydag vriendelk verwelkom by Reddam House, Seepunt. Ons Jannies het kragte gemeet met Reddam en ons beste gegee. Petrus, ons jongste speler in die span, het besonder goed gevaar teen sy opponent wat heelwat ouer was as hy. Ons het ongelukkig 2.5 – 3.5 verloor, maar ons Jannies kan met trots sê: Ons het ons beste probeer.

Hierdie wedstryde het ook drie probeerslae gekos, maar ons kon dit uiteindelik op Maandag, 28 Augustus speel. Van Curro Century City se onderwysers het oor die naweek siek geword en hulle moes Maandag skarrel om genoeg bestuurders te kry. Op die ou einde het hulle die o/13 A wedstryd gekanselleer, maar die res het voortgegaan.

Die O/7 en O/8 spanne kon lekker met mekaar meeding.

O/9 Oranje  4 – 7 (verloor)

O/10 A 2 – 7 (verloor)

O/11 A 9 – 6 (wen)

Ons het hierdie jaar vir die eerste keer teen Springfield Convent wedstryde gespeel. Die pragtige skoolterrein het gesorg dat al ons spelers opgewarm by die bane aankom omdat dit so groot is. Dit was ‘n heerlike manier om die seisoen af te sluit omdat die meeste van ons spanne kon speel.

O/9 Oranje   8 – 7 (wen)

O/9 Blou      2 – 1 (wen)

O/10 A         5 – 6 (verloor)

O/10 B        7 – 0 (wen)

O/11 A       20 – 3 (wen)

O/11 B       22 – 0 (wen)

O/12 A       10 – 5 (wen)

O/12 B       4 – 7 (verloor)

O/13 A    7 – 9  (verloor)

O/13 B    6 – 9 (verloor teen hul B span)

O/13 B     9 – 3 (wen teen hul C span)

Ons het gister met ‘n amper stampvol bus vertrek van die skool en ons wil dankie sê vir almal wat so mooi die vorms voltooi het. Dit plaas ons in ‘n baie moeilike posisies indien ouers nie die vorms voltooi nie. Ons kon gelukkig gister nog ‘n gaatjie maak vir die kinders, maar dit was baie amper of daar was nie plek nie. Dit is waarom die getalle vir ons voor die tyd so belangrik is. Ons is seker dat baie meer van die ander sportkodes binnekort ook meer van Google vorms gebruik gaan maak. ​​Baie dankie vir almal se ondersteuning deur die seisoen. 

---
 

 Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209