Dertien van ons leerders het Saterdag aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie deelgeneem. Dit is al klaar ‘n uitsonderlike prestasie om aan die rondte deel te neem Die beste 6 leerders in elke graad per kring, word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.
Die leerders wat deelgeneem het is:

 

Stella Malan, Daniel Loots, Dawid Adler, Peet Karsten, Benjamin Pienaar, Christiaan Stimie, Gerard Snijders, Inge Meyer, Lené Vorster, Edmund van Rooyen, Hanna van der Westhuizen, Janneke van der Walt, Kate Wilkin.

Daar is twee kategorieë waarvoor pryse uitgedeel word. Die eerste katogerie word pryse uitgedeel vir die leerders wat die beste in hulle kring gedoen het en die tweede kategorie, wie algeheel die beste gedoen het per graad. Jan van Riebeeck is in kring ses en daar is 20 skole in ons kring.
Die leerders wat die beste in ons kring gedoen het is: (Hulle het almal ‘n beker en medalje ontvang.)
Graad 5:
3de – Daniel Loots
2de – Dawid Adler
1ste – Peet Karsten
Graad 7:
3de – Kate Wilkin
2de – Janneke van der Walt
1ste – Hanna van der Westhuizen
Die tweede kategorie was die algehele wenners per graad. Daar was altesaam 110 skole wat deelgeneem het aan die kompetisie.
Graad 5:
2de – Dawid Adler
1ste – Peet Karsten
Graad 7:
3de – Janneke van der Walt
2de – Hanna van der Westhuizen
Dit beteken die leerders is in die top drie in ons hele distrik. ‘n Fantastiese prestasie. Wel gedaan aan elke leerder wat deelgeneem het. Julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou en ons is baie trots op julle almal!!