Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 25 Augustus 2017    Gr.7: Fiela se kind  

Vrydag, 25 Augustus 2017    Sivvies  

Vrydag, 25 Augustus 2017    Skaakwedstryd teen Reddam House  (Weg)

Vrydag, 25 Augustus 2017    WOW Spelfees  

Saterdag, 26 Augustus 2017    Pret Mini Netbaldag  

Saterdag, 26 Augustus 2017    Landloop – WC Champs  

Saterdag, 26 Augustus 2017    Eisteddfod – klavier  

Woensdag, 30 Augustus 2017    Liewe Aarde sivvies  

Woensdag, 30 Augustus 2017    Rugby @ Edgemead  (Weg)

Woensdag, 30 Augustus 2017    UNISA musiekeksamens  

Donderdag, 31 Augustus 2017    Mnr. Phillip Chimukuyu verjaar  

Donderdag, 31 Augustus 2017    Ellerton Entrepeneursdag  

Vrydag, 1 September 2017    Loslitdag: Dra groen  

Vrydag, 1 September 2017    Skaakwedstryd teen Phyllis Jowel  (Weg)

Saterdag, 2 September 2017    Rugby Sewes: 0/11 – 0/13  (Tuis)

Saterdag, 2 September 2017    Eisteddfod – sang  

Maandag, 4 September 2017    Mnr. Patrick Chadzuka verjaar  

Maandag, 4 September 2017    Krieketoefening begin  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vanjaar word ons skoolkonsert ( in September ), se kaartjies aanlyn bespreek op ons eie webtuiste. Slegs ‘n handvol leerders (wat nie internettoegang het nie) mag hulle besprekings op ‘n harde kopié-vorm doen.

Die skakel is nou al beskikbaar, maar sal eers Vrydag, 25 Aug. om 10:00vm  ‘lewendig’ wees en kan besprekings gedoen word.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/konsertkaartjies

Siek kinders

Daar is tans baie ernstige griep wat die rondtes doen en ons vra asb vir ouers om leerders eerder by die huis te hou as hulle baie siek is. Adri by die kantoor word oorval met versoeke om ouers te skakel om siek leerders te kom haal. Indien u kind in die oggend te siek voel om skool toe te gaan, hou hul liewers by die huis. Die winter seisoen is amper verby en dan sal almal beter gesondheid geniet.

ALGEMEEN

Toe die hersiene Klein Kook & Geniet resepteboek se foto’s in 2011 geneem is, het ‘n hele paar Jannies daarin verskyn en nou is hulle op televisie. Daar is tans ‘n televisie-reeks op kykNet oor die Kook & Geniet resepteboek wat deur Lise Swart aangebied word. Die episode oor Klein Kook & Geniet word volgende Woensdagaand 30 Augustus, 20:00 nm uitgesaai. Daar is dié keer ook ‘n paar jonger Jannies wat saam gekook het. Ilse en Daniël was destyds 8 jaar oud toe die foto’s geneem is en is nou al Graad 8!!  

Voor van links na regs:

Armand Meyer, Alexa Lombaard, Juliette Lombaard, Inge Meyer

Agter:

Ilse de Lange, Lise Swart (aanbieder) en Daniël Wiese.

Ouerinligtingsessie

Ouerinligtingsessie oor gevare/effek van sosiale media/tegnologie op die ontwikkelende brein vind op Woensdagaand, 6 September, om 19:00 plaas.

Dr. Tamara Maresky (kinderpsigiater) sal ons inlig oor die gevare en effek wat sosiale media/tegnologie op ons kinders se ontwikkelende brein het. Sy sal ook aandag skenk aan die sielkundige aspekte rondom hierdie aktuele onderwerp. Dit sal in ons skoolsaal plaasvind. Elke ouer behoort hierdie baie belangrike inligtingsessie by te woon.

Feesdag bordspeletjies

FEESDAG BORDSPELETJIES

Kontak asb vir Bianca: 083 541 5210

RSVP teen Do 24 Aug

 

Ons hou weer Entrepreneursdag

Ons hou weer Donderdag, 31 Augustus Entrepreneursdag!

Die Gr.7 leerders van Ellerton kom hou hulle Entrepreneursdag by ons.

Bring `n geldjie en `n honger magie om hulle te ondersteun.

Foto: Ellerton saam met van ons graad sewes tydens hul vorige besoek.

Nasorg

Die NASORG is op soek na leesboekies of enige kinderboeke om ons NASORG-biblioteek aan te vul. Indien daar leesboekies by u huis is wat u nie meer gaan gebruik nie, sal ons dit baie waardeer as u dit skool toe stuur.

Ons waardeer u hulp.

ADVERTENSIES VAN DIE WEEK

Volg die skakel

Hierdie geleentheid vind plaas op 9 September 2017.

Die roete wat ons gaan aanpak is die Boomslanggrotte in Kalkbaai wat begin op Boyes Drive. Daar sal weer ‘n bussie beskikbaar wees vir die wat belangstel. Laat weet asb. vroegtydig vir mnr. Lilly (timothy@jvrprim.co.za )  .

Ouers is welkom om saam te stap. Deel van die roete is om in ‘n grot in te klouter, so dit sal wys wees om ‘n flits of kers (geen wind in die grotte) saam te neem. Julle is ook welkom om kospakkies saam te neem. Die roete self sal ongeveer 2 ure neem om te stap, en dan sal ons nog 1 uur uitsit om die grot te geniet.

Loslitdag

Loslitdag is een van die grootste fondsinsamelings projekte landswyd ter ondersteuning van mense met gestremdheid. Dit vier dus die diversiteit van die mens. Elke mens moet behoort en is waardevol. Ons as Jannies wil graag hierdie projek van harte ondersteun. Elke leerder kan bydra deur net ‘n donasie van R10 te maak. Hul ontvang dan ‘n Loslitdag plakker en mag dan ook hul sivvies aantrek op Vrydag, 1 September 2017. TEMA vir die dag: ‘n HOED IS ‘n MOET!!! Elke leerder moet ‘n groen hoed dra. Hulle kan  self ‘n hoed maak of net ‘n hoed wat hul reeds het, versier met groen bykomstighede. Probeer ook om verder iets groens aan te trek, bv. ‘n groen T-hemp. Kleur vir Loslitdag – 2017 is GROEN (‘n mooi helder grasgroen wat dui op nuwe lewe, vernuwing, harmonie en ook assosieer met die nuwe seisoen LENTE. Byvoorbaat dank vir u ondersteuning in hierdie verband. Kom ons maak dit ‘n reuse spanpoging!

AKADEMIE

kierang

Wenner: Annie Basson ( gr.5vdB )

Definisie: kul of fop

Sin: Sy het gekierang toe ons kaart gespeel het en toe maklik gewen.

Drie van ons gr.7 leerders is genooi om ‘n Wiskunde pretdag by die universiteit van Stellenbosch by te woon. Dit beloof om ‘n heerlike dag vol aktiwiteite te wees. 

Die leerders is: Thea de Lange, Joshua Harvey, Eben Labuschagne.

Ons hoop julle geniet die dag en ons kan nie wag om terugvoering te ontvang nie.

Saterdag neem 13 van ons leerders deel aan die jaarlikse WKOD-wiskundekompetisie. Oorspronklik was daar 24 leerders se name wat deur gegee is. Ses leerders per graad, maar die WKOD het die beste leerders in elke kring identifiseer en die finale name deur gegee.

Die leerders wat Saterdag deelneem is:

Gr.4 Stella Malan

Gr.5 Dawid Adler Peet Karsten Daniel Loots

Gr.6 Benjamin Pienaar Christiaan Stimie Gerard Snijders

Gr.7 Lené Vorster Janneke van der Walt Hanna van der Westhuizen Edmund van Rooyen Kate Wilkin Inge Meyer  

Alle leerders moet Saterdag om 08:00 by Laerskool Portia in Landsdowne aanmeld vir registrasie. Alle leerders moet ook die regte skooldrag aan hê. Ons wens julle almal alle sterkte toe en moet nie vergeet om dit te geniet nie.

Wiskundegroete,  Mnr. Hanekom

Die skool sluit Vrydag, 25 Augustus,  reeds om 13:30 vir Gr.3-7 aangesien ons gasheer speel vir die Wow-Spelfees se kringkompetisie wat reeds om 14:00 begin.  Ons verhoed ‘n krisis met parkering met dié reëling.

Die Bloubus ry egter vandag gewone tyd ( 14:15) van die skool af vir buskinders.

Sterkte aan al ons spellers wat om 14:00 in die saal  moet aanmeld.

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende leerders wat weer pragtig presteer het by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: 

Ethan Brits     Klavier   87%

Stella Malan   Klavier   90% en 90%

Kate Wilkin     Klavier   91% ( Groepsolos)

Ons is baie trots op julle!

 

 

Tydens ‘n kunskompetisie wat gereël is deur die WKOD, met die tema “I celebrate my world”,

 is Vida Engels (gr.3) en Jan Murray (gr.6) onderskeidelik met silwer en brons medaljes in hul ouderdomskategorieë beloon.

Baie geluk julle,ons is sommer baie trots iop julle !!

 

Kooroptrede

Baie geluk aan ons 2 kore met hulle uitmuntende optrede by die afgelope Weskus Koorfees. Albei kore het uitstekende verslae gekry en ons is baie trots op hulle.

Baie dankie aan al die ouers wat ver moes ry en baie opofferings maak om daar te kon wees, ten spyte van ‘n tekort aan kaartjies. 

Dis net jammer dat ‘n groot groep van die Seniorkoor afwesig was, sommige sonder om vooraf verskoning te maak. Elke koorlid is belangrik . Dit verseker dat die balans in stemme korrek is.

 

SPORT

Ons wedstryd teen St. Cyprians  Vrydag was ‘n groot sukses. Ons skaakspan het bestaan uit 7 seuns wat kragte gemeet het met St.Cyprians se meisies. Ons seuns se strategiese planne het die flinkdink meisies 5-2 geklop.Knap gedaan,manne!!

Woensdag het al ons rugbspanne teen Table View te staan gekom. Ons spanne het baie goed presteer teen hierdie sterk skool wat baie meer as duisend leerders het!!! Die uitslae is as volg:

0/7 A en B wen beide hulle wedstryde

0/8 verloor

0/9 wen

0/11 verloor (net-net )

0/13 verloor

Ons volgende wedstryde is Woensdag 30 Augustus teen Edgemead. Hierdie is die laaste ligawedstryde vir die seisoen. Ons wens vir elke span sterkte toe.

Die Engelse sê “The third times a charm” en dit was nou werklik die geval met ons wedstryde teen Edgemead. Woensdag was die derde keer wat ons ‘n datum met hulle bevestig het. Hierdie keer het die weer net mooi gehou. Van ons spanne het teen die einde ‘n paar druppels reën gehad, maar dit het ons ook nie afgeskrik nie. Die uitslae:

O/9 Oranje 14 – 2 (wen)

O/9 Blou 8 – 1 (wen)

O/10 A Telling onbekend want hy het bietjie nat geword(verloor)

O/11 A 8 – 5 (wen)

O/11 B 8 – 0 (wen)

O/12 A 6 – 10 (verloor)

O/12 B 1 – 4 (verloor)

O/13 A 7 – 2 (wen)

O/13 B 4 – 5 (verloor)

Stef Mostert het die naweek vir die eerste keer aan die Westelike Provinsie se junior liga gala deelgeneem en baie goed presteer. Hy het in sy ouderdomsgroep uitgeblink en na slegs hierdie een byeenkoms gekwalifiseer om op te skuif na die senior liga. Hy neem op 9 September deel aan sy eerste WP Senior Liga Gala. Baie geluk Stef, ons hou jou dop soos wat  jy op beweeg na kampioenskapsbyeenkomste!!

I began to realize how important it was

to be an enthusiast in life. If you are interested

in something, no matter what it is, go at it full speed.

Embrace it with both arms, hug it, love it and above all

become passionate about it. Lukewarm is no good.

– Roald Dahl

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209