Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 18 Augustus 2017 Skaakwedstryd teen St Cyprians (Weg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Netbal@Dirkie Uys (Moorreesburg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Rugby @ Dirkie Uys (Weg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Eisteddfod – sang

Dinsdag, 22 Augustus 2017 Weskus Koorfees

Woensdag, 23 Augustus 2017 Gr.6: Fiela se kind

Woensdag, 23 Augustus 2017 Rugby @ Table View (Weg)

Woensdag, 23 Augustus 2017 Netballiga@Edgemead

Donderdag, 24 Augustus 2017 Mnr. Ben Reynecke verjaar

Donderdag, 24 Augustus 2017 JvR Entrepeneursdag

Vrydag, 25 Augustus 2017 Gr.7: Fiela se kind

Vrydag, 25 Augustus 2017 WOW Spelfees

Saterdag, 26 Augustus 2017 Landloop – WC Champs

Saterdag, 26 Augustus 2017 Eisteddfod – klavier

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

ALGEMEEN

Skool se sluitingstyd op 25 Aug.

Die skool sluit volgende Vrydag, 25 Augustus, reeds 13:30 vir Gr.4-7 aangesien ons gasheer speel vir die Wow-Spelfees se kringkompetisie wat reeds 14:00 begin.  Ons verhoed ‘n krisis met parkering met dié reëling.

Hierdie week se wenner van die R100 geskenkbewys van Col Caccio’s is Mila Joubert in Graad 2.  Baie dankie dat julle so mooi herwin – ons hoop julle pizza is sommer heerlik!

Die 19de Augustus is die Internasionale Oerangoetang Dag.  Hierdie pragtige diere se habitat word ernstig bedreig en ‘n organisasie – World Orangutan Events, probeer om gewaarwording oor hierdie probleem uit te brei.  Kyk gerus na hulle webwerf (www.worldorangutanevents.org) vir meer inligting

TELL YOUR FRIENDS!

August 19th is International #OrangutanDay! This incredible species is on the brink of extinction as forest areas clear to make room for unsustainable oil palm plantations that will be used to make 50% of all consumer goods in America from cookies, peanut butter, lip stick, cooking oils, candy, chips, and so much more. They NEED our help! August 19th is International Orangutan Day, a global celebration to raise awareness about the plight of orangutan survival! Let’s take action and create sustainable solutions to preserve this amazing species and their rainforest home. #OrangutanDay

Gr.7 Entrepreneursdag

 

 

Donderdag, 24 Augustus

Gr.7 Jannies hou ENTREPRENEURSDAG!

Bring `n geldjie en kom ondersteun ons Gr.7 leerders. 

 

Ouerinligtingsessie

Ouerinligtingsessie oor gevare/effek van sosiale media/tegnologie op die ontwikkelende brein

vind op Woensdagaand, 6 September 2017, om 19:00 plaas. Dr. Tamara Maresky (kinderpsigiater) sal ons inlig oor die gevare en effek wat sosiale media/tegnologie op ons kinders se ontwikkelende brein het. Sy sal ook aandag skenk aan die sielkundige aspekte rondom hierdie aktuele onderwerp. Dit sal in ons skoolsaal plaasvind. Elke ouer behoort hierdie baie belangrike inligtingsessie by te woon.

Advertensies van die week

Volg die skakel: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/advertensies/

AKADEMIE

Die vyf beste spellers in elke graad neem Vrydag, 25 Augustus deel aan die Wow-Spelfees se kringkompetisie wat by ons skool gehou word.  Die leerders het die week briewe ontvang met al die nodige inligting.  

Lekker spel Jannies!

DUSN bied die termyn ‘n reeks opwindende 3D printing werkswinkels aan.

Werkswinkels strek van beginner-vlak tot meer gevorderde werkswinkels vir studente wat alreeds van ons werkswinkels bygewoon het, om sodoende hul kennis en kreatiwiteit verder te verbreed en te ontwikkel.

Ons werkswinkels is daarop gerig om WWKT-inhoud (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vir studente op ‘n interaktiewe en lewendige wyse te bied.

Deur 3D printing as medium te gebruik ontwikkel studente op ‘n natuurlike wyse meer insig, diepte en begrip vir die vakinhoud.

Graag sê ons dankie vir juf. van Dyk en mnr. Oosthuizen wat die skool en rekenaarsentrum beskikbaar stel en sodoende vir Jannies die geleentheid tot ‘n innoverende toekoms bied.

Besoek gerus ons webtuiste by www.dusn.co.za vir meer inligting rakende ons werkswinkels.

Verlede naweek was 30 graad 6 en 7 leerders betrokke by ‘n Wiskundekamp wat by die skool aangebied is. Dit was ‘n heerlike aand waar die leerders by die skool oorgeslaap het en aan verskeie aktiwiteite deelgeneem het. Daar was ‘Kahoots’ tot ‘Minute to Win it’. Hulle het ook spoedtoetse geskryf, woordprobleme opgelos en saam in groepe gewerk.

Die kamp is ter voorbereiding vir ‘n Wiskundekompetisie later die kwartaal. Die groep wat die beste by die kamp presteer het ,was die Wolwe:

Helena Laubscher, Johann Jordaan en Benjamin Pienaar.

Die leerder wat algeheel die beste presteer het by die kamp is:

Hanna van der Westhuizen.

Baie geluk en sterkte aan die volgende leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem:

Johann Jordaan

Albert Matthee

Benjamin Pienaar

Henry Potgieter

Stef Mostert

Christopher Scott

Gerard Snijders

Edmund van Rooyen

Joshua Harvey

Helena Laubscher

Hanna van der Westhuizen

Janneke van der Walt

Inge Meyer

Kate Wilkin

Obed Bam

Thea de Lange

Hierdie leerders gaan voort met voorbereiding elke Dinsdag- en Donderdagoggend vanaf 06:40 – 07:40 in mnr Hanekom se klas.

KULTUUR

Kaartjies vir die konsert kan gekoop word op www.quicket.co.za

Besprekings open Vrydag 25 Augustus 2017 op Quicket.

Maandag 18 September – Kleedrepetisie – Geen toegang – Teater Kafee sal wel oop wees vir ouers wat wag vir kinders. Kos sal vir kinders en ouers beskikbaar wees vanaf 16:30. Bestellings vir die kinders se etes kan voor die tyd gedoen word. Bestellingvorms sal per Google Sheets uitgestuur word.

Dinsdag 19 September tot Vrydag 22 September vind die konsert plaas, elke aand om 19:00– Teater Kafee sal oop wees vanaf 16:30 met etes vir ouers en kinders. Die bestellings vir die kinders se etes kan voor die tyd gedoen word. Die Teater Kafee sal ook elke aand oop wees na afloop van die konsert , met eetgoed.

Let wel: Ouers wat die Nuusbrief as ‘n harde kopie ontvang, sal die Konsertbespreking aangeheg aan die nuusbrief vind op Vrydag 18 Augustus. Hierdie vorm moet dan saam met die korrekte bedrag kontant asseblief in ‘n duidelik gemerkte koevert geplaas word en teen Donderdag 24 Augustus by die register- onderwysers ingehandig word. Die register- onderwysers sal dit met ontvangs in die OOV posbusse plaas.

Moet asseblief nie vir kinders wat aan die konsert  deelneem, kaartjies bespreek nie.

Geen kaartjies word by die deure verkoop nie.

Kaartjie verkope op Quicket sluit Vrydag 15 September 2017.

Ons is baie trots op die volgende leerders wat uitstekend gevaar het:

Liezel Snijders, Blokfluit: 78%, 90% en 95%

Jan Murray, Klavier: 80%  en 87%

Kate Wilkin, Klavier: 80%  en 86%

Hanna van der Westhuizen, Klavier: 90%  en 90%

Wel gedaan!!

SPORT

Dit is ongelukkig so dat ons gereeld sport moet kanselleer a.g.v. weer. Ons doen dit nie baie maklik nie en probeer altyd tot op die laatste nog aangaan. Dit is ongelukkig nie altyd maklik om te voorspel wat die weer in die Kaap gaan doen nie, al gebruik ons verskeie weer webwerwe en toeps om die weerpatroon te volg. Wanneer wedstryde tuis gespeel word moet ons die besluit neem en die ander skool in kennis stel. Indien dit ‘n weg wedstryd is maak daardie skool die besluit en laat ons weet. Daar is verskeie aspekte wat ons in ag moet neem, maar die belangrikste is kinders se veiligheid en die bus vervoer. Busse wat van buite maatskappye gehuur word moet teen 12:00, voordat die bus die depot verlaat, in kennis gestel word. Indien ons dit te laat doen moet ons betaal vir die vervoer al het ons dit nie werklik gebruik nie. Dit geld natuurlik ook vir ander skole se vervoer wat hulle moet kanselleer. 

Al speel ons spanne nie hierdie jaar in die finale nie is ons steeds baie trots op hulle en weet dat ons elke jaar nog meer gaan groei en ontwikkel. Ons probeer reël om die wedstryde wat hierdie week sou plaasvind ,steeds vriendskaplik op ‘n ander dag te speel. 

Baie dankie vir die ouers wat so gereeld die elektroniese vorms voltooi. Dit maak dit vir ons makliker om getalle vir busse te bepaal en natuurlik veiliger vir spelers omdat ons weet watter vervoer hulle gerbuik.

21 Augustus:   Ellerton Primary (weg) O/11 C en O/13B

22 Augustus:   Geen oefening vir O/10-O/13 a.g.v. Koorfees

23 Augustus:   Edgemead (tuis)

25 Augustus:   De Tyger Mini- netbal toernooi (x2 O/7 spanne)

28 Augustus:   Curro Century City (tuis)

30 Augustus:   Springfield convent (weg)

Ons wag nog vir bevestiging van die skool vir ons uitreikwedstryde.

O/9 Oranje  4 – 0 (wen)

O/9 Blou     11 – 1 (wen)

O/10 A        4 – 11 (verloor)

O/11 A        8 – 15 (verloor)

O/11 B        3 – 1 (wen)

O/11 C        4 – 3 (wen)

O/12 A        6 – 12 (verloor)

O13 A         13 – 21 (verloor)

O/13 B        2 – 7 (verloor) 

Dit was die eerste keer wat ons teen Curro Durbanville gespeel het, dis hul eerste jaar in ons liga groep. Ons is baie bly dat soveel van ons spanne die geleentheid gekry het om te speel.

Daar is ‘n klein verandering op die program wat reeds op die website geplaas was. Die 0/8B span speel 09:05.  Die nuutste een is hier te sien:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/2017/08/17/dirkie-uys-netbalprogram/

Eugénie Delpierre (O/11) en Divan Rossouw (O/13) het Saterdag, 12 Augustus, aan die WP-proewe deelgeneem. Hulle het baie mooi gehardloop en ons Jannies se naam hoog gehou! Ons is trots op julle. 

Ons Jannies het Vrydag, 11 Augustus, die Deutsche Schule uitgedaag in ‘n skaakwedstryd. Ons spelers het hulle alles gegee, maar die Deutsche Schule was ook ‘n sterk span. Die stryd was uiteindelik gelykop…3 elk.

Nippers-nuus

Sien ons advertensie-afdeling vir die Nippers-nuus:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/advertensies/

 

Before you speak, let your words pass through three gates.

At the first gate, ask yourself, ‘Is it true?’

At the second ask, ‘Is it necessary?’

At the third gate ask, ‘Is it kind?’

– Sufi saying 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209