Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 11 Augustus 2017 Skaakwedstryd teen Deutsche Schule (Tuis)

Saterdag, 12 Augustus 2017 Landloop – WP Champs

Saterdag, 12 Augustus 2017 Rugbytoernooi @ Monte Vista 0/7 en 0/8 (Weg) 

Saterdag, 12 Augustus 2017 Eisteddfod

Maandag, 14 Augustus 2017 Netballiga@Curro Durbanville (weg)

Woensdag, 16 Augustus 2017 Netballiga@Goodwood Park (weg)

Woensdag, 16 Augustus 2017 Rugby @ Curro Century City (Weg)

Vrydag, 18 Augustus 2017 Skaakwedstryd teen St Cyprians (Weg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Netbal@Dirkie Uys (Moorreesburg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Rugby @ Dirkie Uys (Weg)

Saterdag, 19 Augustus 2017 Eisteddfod – sang

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Skolierpatrollie

Mnr Timothy Lilly het die inisiatief geneem om ‘n skolierpatrollie op die been te bring. Ons vra dus vriendelik dat alle ouers geduldig moet wees en nie op die kinders of Mnr Lilly skree nie. Ons is seker dat dit binne die volgende paar dae die verkeersvloei sal verbeter en die hoof rede vir ons skolierpatrollie is om dit veiliger te maak vir ons leerders. Ons doen dus ‘n dringende beroep op ouers om gehoor te gee aan Mnr Lilly en sy skolierpatrollie-span se reëls.

ALGEMEEN

Skoolbaadjies het ingekom. Bestellings wat reeds geplaas is kan  betaal en afgehaal word. JvR klerebank.

Loslitdag is een van die grootste fondsinsamelings projekte landswyd ter ondersteuning van mense met gestremdheid. Dit vier dus die diversiteit van die mens. Elke mens moet behoort en is waardevol. Ons as Jannies wil graag hierdie projek van harte ondersteun. Elke leerder kan bydra deur net ‘n donasie van R10 te maak. Hul ontvang dan ‘n Loslitdag plakker en mag dan ook hul sivvies aantrek op Vrydag, 1 September 2017. TEMA vir die dag: ‘n HOED IS ‘n MOET!!! Elke leerder moet ‘n groen hoed dra. Hulle kan  self ‘n hoed maak of net ‘n hoed wat hul reeds het, versier met groen bykomstighede. Probeer ook om verder iets groens aan te trek, bv. ‘n groen T-hemp. Kleur vir Loslitdag – 2017 is GROEN (‘n mooi helder grasgroen wat dui op nuwe lewe, vernuwing, harmonie en ook assosieer met die nuwe seisoen LENTE. Byvoorbaat dank vir u ondersteuning in hierdie verband. Kom ons maak dit ‘n reuse spanpoging!

Waardes – Kwartaal 3

Hierdie kwartaal fokus ons op die eerste twee waardes, naamlik RESPEK en EERLIKHEID.

Ons wil graag al die waardes hersien in die volgende twee kwartale. Hierdie dele van Respek en Eerlikheid sal ook die fokus van die res van Kwartaal 3 se saalboodskappe wees. Ons gebruik die “Seven Habits of Highly Effective People”, om ons waardes van die kwartaal op te baseer.

Week 1: 

Wees Proaktief – Ek is ‘n verantwoordelike persoon. Ek neem inisiatief. Ek kies my optrede, houdings en buie. Ek blameer nie ander vir my verkeerde optrede nie. Ek doen die regte ding selfs wanneer niemand kyk nie. Ek doen my eie huiswerk.

Week 2:

Begin met die einde in gedagte

 – Ek beplan vooruit en stel doelwitte vir myself. Ek doen dinge wat betekenis het en maak ‘n verskil. Ek is ‘n belangrike deel van my klaskamer en dra by tot my skool se missie en visie.

Stel eerste dinge eerste

– Ek spandeer my tyd op die belangrikste dinge. Dit beteken dat ek nee sê vir dinge wat ek weet ek nie moet doen nie. Ek stel prioriteite, maak ‘n skedule en volg my plan. Ek is gedissiplineerd en georganiseer. (Ek moet leer vir die eksamen, hoe gaan ek goeie resultate bereik?)

Week 3:

– Dink wen-wen

 Ek dink gebalanseerd om te kry wat ek wil hê met inagneming van wat ander wil hê. Wanneer konflik ontstaan, soek ek vir die derde alternatief.

Week 4:

Probeer eers om te verstaan, dan te reageer  – Ek luister na ander mense se idees en gevoelens. Ek probeer om dinge vanuit hul oogpunt te sien. Ek luister na ander sonder om te onderbreek. Ek is vol vertroue in die uitspreek van my idees.

Goeie Samewerking

 – Ek waardeer ander mense se sterk punte en leer van hulle. Ek gaan goed met ander saamwerk, selfs mense wat anders as ek is. Ek werk goed in groepe. Ek is nederig.

Week 5: 

Ek ontwikkel myself

 – Ek sorg vir my liggaam deur reg te eet, te oefen en genoeg slaap te kry. Ek spandeer tyd saam met my familie en vriende. Ek leer op baie maniere en baie plekke, nie net by die skool nie.

Hierdie week se Col Caccio’s geskenkbewys gaan aan Neil (Gr1) en Kate (Gr3) Heyns. Baie geluk aan julle, en baie dankie dat julle so getrou kom herwin.

Ons wil ook ‘n groot dankie sê vir al die maats wat amper elke dag kom herwin – ons sien julle raak!  Julle maak ‘n baie groot verskil vir ons omgewing.

Julle kan solank begin tydskrifte versamel – ons beplan om weer teen die einde van die jaar ‘n tydskrif jamboree te hou.  Praat solank met julle bure, tannies, ooms, oumas en oupas om ook sommer ‘n hopie vir julle te hou.

Ouerinligtingsessie oor gevare/effek van sosiale media/tegnologie op die ontwikkelende brein

Op Woensdagaand, 6 September 2017, om 19:00 sal dr. Tamara Maresky (kinderpsigiater) ons inlig oor die gevare en effek wat sosiale media/tegnologie op ons kinders se ontwikkelende brein het. Sy sal ook aandag skenk aan die sielkundige aspekte rondom hierdie aktuele onderwerp.  Dit sal in ons skoolsaal plaasvind.Elke ouer behoort hierdie baie belangrike inligtingsessie by te woon.

AKADEMIE

kotiljons

Wenner: Andries Becker (Gr.5L)

Definisie: ‘n Lewendige, outydse dans, gekenmerk deur gereelde omruiling van dansmaats. Sin: Die paartjies doen ‘n baie vernuftige kotiljons-dans toe die musiek begin speel.

DUSN bied hierdie termyn vier 3D printing  werkswinkels aan waarvan twee splinternuut is. Ons stelsel is ook nou so aangepas dat individuele werkswinkelsessies geskeduleer kan word rondom studente se besige programme. Besoek gerus ons webtuiste by www.dusn.co.za vir meer inligting rakende ons werkswinkels.

Eerskomende naweek gaan 30 van ons gr.6 en 7 leerders betrokke wees by ‘n Wiskundekamp. Dit word by die skool aangebied en alle leerders slaap oor. Die doel van die kamp is ter voorbereding vir die Melkbos Wiskundekompetisie. Die kompetisie behels spoedtoetse, woordprobleme en spanwerk.

Die leerders neem in spanne deel in dieselfde formaat as wat die kompetisie gaan wees. Dit is nie al nie, die leerders speel speletjies soos kahoots en minute to win it. Dit is elke jaar tonne pret en ons leerders geniet dit baie.

Na afloop van die kamp word 16 leerders identifiseer en hulle sal ons skool verteenwoordig by die kompetisie.

Jan van Riebeeck het verlede jaar beide afdelings van die kompetisie gewen. Die beste span en beste skool.

Skole wat deelneem by die kompetisie is: Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Laerskool Mikro, Welgemoed, Elkanah House, Table View, Curro, Melkbos Privaat en Laerskool Brackenfell.

Al hierdie leerders is al ‘n geringe tyd besig met voorbereiding. Die voorbereiding vind in die oggende vanaf 06:40 – 07:40 plaas. Baie dankie aan mnr Hanekom wat elke oggend die leerders voorberei.

Ons sien uit na ‘n heerlike kamp en hoop elke leerder sal dit ten volle geniet.

Die eerste rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie was Donderdag, 3 Augustus, tydens skooltyd geskryf. Alle gr.4-7 leerders het deelgeneem. Die 6 leerders in elke graad wat die beste presteer het, dring deur na die finale rondte.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deur is na die finale rondte. Die name is in alfabetiese volgorde en nie volgens posisies nie.

Gr.4

Jana Brink

Alexander de Jong

Stella Malan

Armand Meyer

Ruan Rossouw

Ben Terblanche

Gr.5

Dawid Adler

Layla Erasmus

Peet Karsten

Daniel Loots

Jacomien van der Westhuizen

Thornley Webber

Gr.6

Albert Matthee

Stef Mostert

Benjamin Pienaar

Henry Potgieter

Gerard Snijders

Christiaan Stimie

Gr.7

Inge Meyer

Janneke van der Walt

Hanna van der Westhuizen

Edmund van Rooyen

Lené Vorster

Kate Wilkin

Die volgende rondte sal plaasvind op Saterdag 26 Augustus by Laerskool Portia in Athlone. Sodra ons die finale reëlings ontvang, sal ons dit vir elke kind gee. Ons leerders gaan teen  110 ander skole meeding. Ons wens almal baie sterkte toe.

KULTUUR

Venue: Table View Laerskool, Fairwayweg, Table View … koorlede sal later rigtingaanwysers kry.

Die verrigtinge begin om 19:00 en eindig om 21:00

Kaartjies vir die aand kos R40 en moet so spoedig moontlik by Juf Groenewald bespreek en betaal word. Ons skool ontvang net ‘n sekere aantal kaartjies, so  gouspring!!”First come, first served!”

Die volgende inligting is voorlopig deur Table View Laerskool aan ons deurgegee. Neem asb. kennis veral van die tye:

Juniorkoor moet om 18:15 by Table View Laerskool aanmeld en sal na ‘n klaskamer geneem word.

Die Seniorkoor moet reeds om 17:30 by Table View Laer wees om vir die massakoor aan die einde van die aand te oefen.

Neem asb in ag dat verkeer uit die stad na Table View daardie tyd van die dag baie stadig is … ‘n goeie uur dalk.

Drag: Seuns: grys langbroek, wit hemp en das, skoolsokkies en swart skoene.

Dogters: Donkerblou rompie, wit hemp en das, swart kouse en skoon, blink swart skoene. Hare netjies vasgebind.

Verdere inligting sal nader aan die tyd deurgegee word.

Die Open Design Festival bied hierdie jaar weer  ‘n wonderlike program aan by die Stadsaal. Gaan gerus na die webtuiste en kyk spesifiek na Sondag, 13 Augustus, se program onder die kategorie ‘Children friendly’. 

http://opendesignct.com/programme/

SPORT

Skaaklesse

To complement the lessons we are giving to the kids, we have made a section on our site where we will be uploading videos to re-enforce the material in the lessons.
The videos will comprise theoretical knowledge and examples of practical application which will be in short format videos and they can watch over and over.
To access this material they need to just go to our website www.africanchesslounge.org and on the academy tab, if you hover the mouse a drop down menu comes up with a page called instructional videos. Its only for our students so there is a log in process and after approval our student will have full access to the videos.
Get them to learn and enjoy, and these little steps will move them ahead of their competition.
Regards
Reuben Salimu
ACL FIDE Trainer

Edgemead het ons voor die beplande wedstryd gekontak om ons in te lig dat hulle ouers nie bereid is om in te ry stad toe vir ons wedstryde nie a.g.v die optogte wat in die stad plaasvind.

Ons het nà verskeie onderhandelings en voorstelle vir opslossings besef dat ons skole se skedules dit nie gaan toelaat om die wedstryde voor 17 Augustus te speel nie. Ons moet alle liga wedstryde voor 17 Augustus voltooi om in aanmerking te kom vir die finale in September. 

Edgemead het ingestem om die ligapunte vir ons spanne oor te gee. 

Ons gaan egter steeds die wedstryde speel, maar al die wedstryde gaan vriendskaplik wees. Die wedstryde word nou geskuif na 23 Augustus.

Ons moes Dinsdagmiddag vinnig op ons voete dink nadat een van die netbalpale skielik gebreek het. Gelukkig vir ons het oom Hannes ( ons eie Superman) vinnig tot ons redding gekom. Daarna kon al ons wedstryde teen Dr Viljoen, ‘n toergroep uit PE, voortgaan. 

Ons o/12 span het mooi bygehou, maar in die laaste paar minute het hulle ons verby gegaan. Die o/13 span van Dr Viljoen spog met 2 provinsiale splelers en ongelukkig het ons span nie die stryd gewen nie.

Volgende week moet ons die laaste van ons liga-wedstryde klaar speel. Dit gaan ‘n besige week wees. Maandag teen Curro Durbanville- weg, Dinsdag teen Curro Century City- tuis en Woensdag teen Goodwood Park- weg. Ons vra dat ouers asb. die vorms spoedig voltooi sodat ons die nodige vervoer kan bespreek. Onthou dat ons vir die busse betaal en die getalle is baie belangrik. Die vorms word aan die ouers gestuur wat aangedui het dat hulle sms’e wil ontvang. Indien jy niks ontvang nie, laat weet asb vir Razlle Hanekom razelle@jvrprim.co.za

Die spelers wat betrokke is by hierdie wedstryde sal ‘n program en/of padkaart ontvang. 

Dinsdag 8 Augustus het ons 0/13’s teen Dr. Viljoen (toerspan uit Port Elizabeth) te staan gekom.

Dit is altyd lekker vir ons spelers om teen spanne te speel wat ons nie elke jaar speel nie.

Die wedstryd was in ‘n besondere gees gespeel en beide spanne het dit uiters geniet.

Ons spelers het hulle goed van hulle taak gekwyt teen ‘n baie sterk toerspan. Ons het nie die wedstryd gewen nie, maar ons spelers het almal ‘n 110% gegee.

Dit is altyd lekker om te sien hoe gemaklik ons leerders met ander leerders kan skakel en die dag geniet.

‘n Spesiale woord van dank aan elke ouer wat gehelp het op die dag en bereid was om ons van verversings te voorsien. Dit word opreg waardeer.

Dr. Viljoen het ook lof uitgespreek oor die manier wat hulle verwelkom is en dat Jan van Riebeeck altyd die eerste skool is wie hulle vra om teen te speel as hulle in die Kaap kom toer. 

Ons volgende wedstryde is 16 Augustus teen Curro Century City, weg.

Mense wat in die lewe vooruitgaan, is dié wat uitgaan om na geleenthede te gaan soek. En as hulle dit nie kry nie, maak hulle dit.

-George Bernard Shaw 

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209