Eerskomende naweek gaan 30 van ons gr.6 en 7 leerders betrokke wees by ‘n Wiskundekamp. Dit word by die skool aangebied en alle leerders slaap oor. Die doel van die kamp is ter voorbereding vir die Melkbos Wiskundekompetisie. Die kompetisie behels spoedtoetse, woordprobleme en spanwerk.
Die leerders neem in spanne deel in dieselfde formaat as wat die kompetisie gaan wees. Dit is nie al nie, die leerders speel speletjies soos kahoots en minute to win it. Dit is elke jaar tonne pret en ons leerders geniet dit baie.
Na afloop van die kamp word 16 leerders identifiseer en hulle sal ons skool verteenwoordig by die kompetisie.
Jan van Riebeeck het verlede jaar beide afdelings van die kompetisie gewen. Die beste span en beste skool.
Skole wat deelneem by die kompetisie is: Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Laerskool Mikro, Welgemoed, Elkanah House, Table View, Curro, Melkbos Privaat en Laerskool Brackenfell.
Al hierdie leerders is al ‘n geringe tyd besig met voorbereiding. Die voorbereiding vind in die oggende vanaf 06:40 – 07:40 plaas. Baie dankie aan mnr Hanekom wat elke oggend die leerders voorberei.
Ons sien uit na ‘n heerlike kamp en hoop elke leerder sal dit ten volle geniet.