Waardes – Kwartaal 3
Hierdie kwartaal fokus ons op die eerste twee waardes, naamlik RESPEK en EERLIKHEID.
Ons wil graag al die waardes hersien in die volgende twee kwartale. Hierdie dele van Respek en Eerlikheid sal ook die fokus van die res van Kwar-
taal 3 se saalboodskappe wees. Ons gebruik die “Seven Habits of Highly Effective People”, om ons waardes van die kwartaal op te baseer.

Week 1: 
Wees Proaktief – Ek is ‘n verantwoordelike persoon. Ek neem inisiatief. Ek kies my optrede, houdings en buie. Ek blameer nie ander vir my verkeerde optrede nie. Ek doen die regte ding selfs wanneer niemand kyk nie. Ek doen my eie huiswerk.
Week 2:
Begin met die einde in gedagte
 – Ek beplan vooruit en stel doelwitte vir myself. Ek doen dinge wat betekenis het en maak ‘n verskil. Ek is ‘n belangrike deel van my klaskamer en dra by tot my skool se missie en visie.
Stel eerste dinge eerste
– Ek spandeer my tyd op die belangrikste dinge. Dit beteken dat ek nee sê vir dinge wat ek weet ek nie moet doen nie. Ek stel prioriteite, maak ‘n skedule en volg my plan. Ek is gedissiplineerd en georganiseer. (Ek moet leer vir die eksamen, hoe gaan ek goeie resultate bereik?)
Week 3:
– Dink wen-wen
 Ek dink gebalanseerd om te kry wat ek wil hê met inagneming van wat ander wil hê. Wanneer konflik ontstaan, soek ek vir die derde alternatief.
Week 4:
Probeer eers om te verstaan, dan te reageer  – Ek luister na ander mense se idees en gevoelens. Ek probeer om dinge vanuit hul oogpunt te sien. Ek luister na ander sonder om te onderbreek. Ek is vol vertroue in die uitspreek van my idees.
Goeie Samewerking
 – Ek waardeer ander mense se sterk punte en leer van hulle. Ek gaan goed met ander saamwerk, selfs mense wat anders as ek is. Ek werk goed in groepe. Ek is nederig.
Week 5: 
Ek ontwikkel myself
 – Ek sorg vir my liggaam deur reg te eet, te oefen en genoeg slaap te kry. Ek spandeer tyd saam met my familie en vriende. Ek leer op baie maniere en baie plekke, nie net by die skool nie.