Ouerinligtingsessie oor gevare/effek van sosiale media/tegnologie op die ontwikkelende brein
Op Woensdagaand, 6 September 2017, om 19:00 sal dr. Tamara Maresky (kinderpsigiater) ons inlig oor die gevare en effek wat sosiale media/tegnologie op ons kinders se ontwikkelende brein het. Sy sal ook aandag skenk aan die sielkundige aspekte rondom hierdie aktuele onderwerp.  Dit sal in ons skoolsaal plaasvind.Elke ouer behoort hierdie baie belangrike inligtingsessie by te woon…