Loslitdag is een van die grootste fondsinsamelings projekte landswyd ter ondersteuning van mense met gestremdheid. Dit vier dus die diversiteit van die mens. Elke mens moet behoort en is waardevol.
Ons as Jannies wil graag hierdie projek van harte ondersteun. Elke leerder kan bydra deur net ‘n donasie van R10 te maak.
Hul ontvang dan ‘n Loslitdag plakker en mag dan ook hul sivvies aantrek op Vrydag, 1 September 2017.
TEMA vir die dag: ‘n HOED IS ‘n MOET!!!
Elke leerder moet ‘n groen hoed dra. Hulle kan  self ‘n hoed maak of net ‘n hoed wat hul reeds het, versier met groen bykomstighede. Probeer ook om verder iets groens aan te trek, bv. ‘n groen T-hemp.
Kleur vir Loslitdag – 2017 is GROEN (‘n mooi helder grasgroen wat dui op nuwe lewe, vernuwing, harmonie en ook assosieer met die nuwe seisoen LENTE.
Byvoorbaat dank vir u ondersteuning in hierdie verband. Kom ons maak dit ‘n reuse spanpoging!