Edgemead het ons Sondagaand gekontak om ons in te lig dat hulle ouers nie bereid is om in te ry stad toe vir ons wedstryde vandag nie a.g.v die optogte wat in die stad plaasvind.
Ons het nà verskeie onderhandelings en voorstelle vir opslossings besef dat ons skole se skedules dit nie gaan toelaat om die wedstryde voor 17 Augustus te speel nie. Ons moet alle liga wedstryde voor 17 Augustus voltooi om in aanmerking te kom vir die finale in September. 
Edgemead het ingestem om die ligapunte vir ons spanne oor te gee. 
Ons gaan egter steeds die wedstryde speel, maar al die wedstryde gaan vriendskaplik wees. Die wedstryde word nou geskuif na 23 Augustus.
​Ons gaan voort met normale oefening vandag, 7 Augustus, soos op ‘n gewone Maandag.​