Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Maandag, 7 Augustus 2017    Uitreik-aksie: Buitelandse skool bring besoek  (Skool)

Maandag, 7 Augustus 2017    Netballiga@Edgemead  (tuis)

Dinsdag, 8 Augustus 2017    Netbal: Toerspan besoek ons. (tuis) Slegs 0/12 en 0/13 netbal en 0/13 rugby.

Donderdag, 10 Augustus 2017    Eisteddfod  

Vrydag, 11 Augustus 2017    Skaakwedstryd teen Deutsche Schule  (Tuis)

Saterdag, 12 Augustus 2017    Landloop – WP Champs  

Saterdag, 12 Augustus 2017    Rugbytoernooi @ Monte Vista  (Weg) Slegs 0/7 en 0/8

Saterdag, 12 Augustus 2017    Eisteddfod  

Maandag, 14 Augustus 2017    Netballiga@Curro Durbanville  (weg

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Opedag

Ons gaan vanjaar se opedag hou op dieselfde dag as wat die nuwe graad 1’s ons skool besoek. Dit sal dus wees op Woensdag 1 November vanaf 09:00 tot 10:00. Ons sal nader aan hierdie tyd meer detail aan ons nuwe Graad 1’s se ouers stuur. Daar sal dus geen opedag wees op 16 Augustus nie.

ALGEMEEN

Ons eerste Jannie van die Week vir die derde kwartaal is Daniella Coetzee in Gr5. Baie dankie dat jy en jou gesin so getrou herwin.  Ons hoop julle geniet julle R100 geskenkbewys van Col Caccio’s sommer baie.  

Onthou asseblief om julle skoon plastiek sakkies by die ons depot te kom herwin. Ons versamel hulle hier en skenk hulle dan aan die Amma Plastic Project projek waar vroue ‘n geleentheid het om ‘n inkomste te verdien deur die mooi produkte wat hulle maak.  Kyk gerus na hulle projek deur hierdie skakel te volg: 

https://www.facebook.com/AmmaSouthAfrica/?ref=bookmarks



Onthou dat hoewel dit nou ‘n bietjie reën, is ons nog steeds in ‘n erge droogte – so bespaar water oral waar julle kan!

Ons het verlede week ‘n inligtingsessie rakende dissipline en gedrag in skole bygewoon wat deur FEDSAS aangebied is.  Dissipline is ongelukkig een van daardie onderwerpe wat nog altyd bevraagteken is en wat voortdurend verander en aangepas moet word. 

Kinders hoor nie eintlik die ‘moenie’ in bv. moenie die beker vat nie.  Hulle hoor slegs die werkwoord en doen dan presies wat ons nie wil hê nie.  ‘n Wenresep wat aanbeveel word vir goeie gedrag is om te fokus op die positiewe van ‘n kind en om die leerder te beloon. 

Ouers en onderwysers moet ook goeie kommunikasie en verhoudinge probeer nastreef.  Die status quo van lank gelede dat ‘n stil klaskamer beteken dat daar leer plaasvind, is lankal verkeerd bewys. 

Ouers moet verantwoordelikheid vir hul kinders aanvaar en die skool sover moontlik ondersteun sodat maksimale ontwikkeling verseker word.

Skoolbaadjies het ingekom. Bestellings wat reeds geplaas is kan  betaal en afgehaal word. JvR klerebank.

AKADEMIE

Two grade 6 students, namely Chris Scott and Benjamin Pienaar, were selected by the English Department to participate in the annual Spelling BEE competition at Rosebank Junior.  

This competition was coordinated by the Department of Education and the students were expected to learn more than 1200 words and definitions for the event.

Laerskool Jan van Riebeeck was the only Afrikaans school out of fifteen primary schools which participated. Both students are warmly congratulated on their outstanding results!

KULTUUR

Konsertbesprekings open Vrydag 25 Aug. by Vicky Taljaardt.

VERDERE INLIGTING VOLG BINNEKORT.

Venue: Table View Laerskool, Fairwayweg, Table View … koorlede sal later rigtingaanwysers kry.

Die verrigtinge begin om 19:00 en eindig om 21:00

Kaartjies vir die aand kos R40 en moet so spoedig moontlik by Juf Groenewald bespreek en betaal word. Ons skool ontvang net ‘n sekere aantal kaartjies, so  gouspring!!”First come, first served!”

Die volgende inligting is voorlopig deur Table View Laerskool aan ons deurgegee. Neem asb. kennis veral van die tye:

Juniorkoor moet om 18:15 by Table View Laerskool aanmeld en sal na ‘n klaskamer geneem word.

Die Seniorkoor moet reeds om 17:30 by Table View Laer wees om vir die massakoor aan die einde van die aand te oefen.

Neem asb in ag dat verkeer uit die stad na Table View daardie tyd van die dag baie stadig is … ‘n goeie uur dalk.

Drag: Seuns: grys langbroek, wit hemp en das, skoolsokkies en swart skoene.

Dogters: Donkerblou rompie, wit hemp en das, swart kouse en skoon, blink swart skoene. Hare netjies vasgebind.

Verdere inligting sal nader aan die tyd deurgegee word.

SPORT

Hierdie kwartaal gaan vir ons baie besig wees en ons wedstryde volg baie kort op mekaar. Ons doen ‘n beroep op alle ouers  om asb die elektroniese vorms te voltooi sodra dit ontvang word.

Die getalle vir vervoer is baie belangrik omdat ons gereeld busse van buite-maatskappy moet bespreek en daarvoor moet betaal. Die getalle bepaal hoe groot die bus moet wees en dan ook natuurlik die koste daaraan verbonde.  Die leerders wat wedstryde speel, ontvang dan ‘n padkaart en /of program. Indien die wedstryde by ander skole gespeel word, is ons van hulle afhanklik vir programme. Nie alle skole stuur vir ons programme nie.   

Die rede waarom ons vir die spelers ‘n program en /of padkaart gee, is dat hulle ook weet of hulle speel. Hulle ontvang mos nie ‘n e-pos nie. Dit maak dit veral maklik vir die kleintjies om te onthou.  Alhoewel ons baie wedstryde hierdie kwartaal het, is ons ook afhanklik van die skole om vir ons spanne te gee. Indien ‘n skool nie ‘n span het nie kan ons nie ons spanne stuur nie.

Ons belowe dat ons alles in ons vermoë doen om soveel as moontlik wedstryde vir almal te reël. Ongelukkig laat logistiek ons nie altyd toe om dit te doen nie.  

JvR versus Edgemead – Program

 

Monte Vista se sportorganiseerder het laat weet dat die program vir die dag eers teen Vrydag 4 Augustus beskikbaar sal wees. Sodra ons dit van hulle ontvang, sal ons dit deurgee aan alle spelers en ouers. 

Die volgende leerders het Vrydag, 28 Julie, deelgeneem aan ‘n landloopwedloop (Circuit Champs) by Sun Valley Primary :

O/7

Luka Strydom 30ste

Willem Burger 77ste

Michelé Georges 78ste

0/8

Susan Burger 61ste

0/9

Albert Griesel 38ste

0/10

Ruben Vorster 37 ste

Ruan Rossouw 43ste

Alex de Jongh 57ste

Stephan Griesel 69ste

0/11

Eugénie Delpierre 16de

0/13

Divan Rossow 5de

Baie geluk aan Eugénie Delpierre, Ruan Rossouw en Divan Rossouw wat deurgedring het na die Zonal Champs.

Gedurende die Zonals landloopwedloop, het  twee deurgedring na die WP-proewe wat die 12 de Augustus sal plaasvind.

Ruan Rossouw: 32ste

Eugénie Delpierre: 14de (Kwalifiseer vir WP-proewe)

Divan Rossow: 4de plek en ontvang ‘n medalje (Kwalifiseer vir WP-proewe).

Baie geluk julle en sterkte vir die 12 de!

Netbalwedstryde teen Milnerton- 31 Julie

O/9A 14 – 0 (wen)

O/10 A   7 – 4 (wen)

O/11 A  19 – 0 (wen)

O/11 B  11 – 1 (wen)

O/12 A  14 – 5 (wen)

O/12 B   4 – 2 (wen)

O/13 A   14 – 0 (wen)

O/13 B   13 – 2 (wen)

Die wedstryde teen Milnerton is by beide skole gespeel omdat Milnerton nie genoeg vervoer vir al hul spelers het nie en dan nie al hul spanne kan bring nie. Baie dankie aan almal wat Maandag na Milnerton gery het en so ook vir meer van ons spanne die geleentheid gegee het om te speel.

Netbaluitslae teen Monte Vista- 2 Augustus

O/9 A​   19 – 3 (wen)​

O/10 A 6 – 2 (wen)

O/11 A 17 – 2 (wen)

O/11 B  6 – 1 (wen)

O/12 A  ​7 -10 (verloor)​

O/12 B​   4 – 6 (verloor)​

O/13 A 14 – 5 (wen)

O/13 B wedstryd uitgestel weens siekte in hulle span en sal later gespeel word.

Ons volgende wedstryde is Maandag, 7 Augustus, teen Laerskool Edgemead. Onthou om asb die elektroniese vorms te voltooi.

Rugbyuitslae

Al ons rugbyspanne het Woensdag teen Parklands en Sunningdale te staan gekom. Dit was ‘n uiterse goeie dag vir ons spanne en hulle het puik gevaar.

Hier volg die uitslae.

Jan van Riebeeck teen Sunningdale:

0/8  – wen

0/9  – wen

0/11 – wen

Jan van Riebeeck teen Parklands:

0/7  – wen

0/8  – wen

0/9  – wen

0/11 – wen

0/13 – verloor

Die 0/13 span speel Dinsdag, 8 Augustus teen Dr. Viljoen op die Conradieveld en

ons volgende liga wedstryde is Woensdag 16 Augustus teen Curro Cenruty City, weg.

Baie dankie aan elke ouer wat ons gehelp het met vervoer en elke leerder ondersteun het. Ons waardeer dit opreg.

Things that matter most must never be at the mercy of things that matter least.

Johann Wolfgang von Goethe

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209