Ons eerste Jannie van die Week vir die derde kwartaal is Daniella Coetzee in Gr5. Baie dankie dat jy en jou gesin so getrou herwin.  Ons hoop julle geniet julle R100 geskenkbewys van Col Caccio’s sommer baie.
 
Onthou asseblief om julle skoon plastiek sakkies by die ons depot te kom herwin. Ons versamel hulle hier en skenk hulle dan aan die Amma Plastic Project projek waar vroue ‘n geleentheid het om ‘n inkomste te verdien deur die mooi produkte wat hulle maak.  Kyk gerus na hulle projek deur hierdie skakel te volg: 
https://www.facebook.com/AmmaSouthAfrica/?ref=bookmarks
Onhou dat hoewel dit nou ‘n bietjie reën, is ons nog steeds in ‘n erge droogte – so bespaar water oral waar julle kan!