Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 28 Julie 2017    Gr.4: Studiemetode werkswinkel  

Vrydag, 28 Julie 2017    Landloop-Circuit Champs  (Sun Valley Prim)

Vrydag, 28 Julie 2017    Algemene kennis  

Sondag, 30 Julie 2017    Mnr. Hannes Muller verjaar  

Maandag, 31 Julie 2017    Landloop – Zonal Champs  (Strandfontein Sports Complex)

Maandag, 31 Julie 2017   Netballiga teen Milnerton (tuis)

Woensdag, 2 Augustus 2017    Rugby @ Sunninghill  (tuis)

Woensdag, 2 Augustus 2017    Netballiga teen Monte Vista  (weg)

Donderdag, 3 Augustus 2017    Gr.3-7 Ouerbesoeke  

Maandag, 7 Augustus 2017    Uitreik-aksie: Buitelandse skool bring besoek  (Skool)

Maandag, 7 Augustus 2017    Netballiga teen Edgemead  (tuis)

 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Konsert

Soos almal van u seker al weet, bied ons skool slegs elke twee jaar ‘n konsert aan waaraan alle leerders van die skool deelneem. Dit sal vanjaar weer plaasvind vanaf Maandag 18 September (kleedrepetisie – dus geen ouers) tot Vrydagaand 22 September.

Ons is bewus dat Maandag 25 September ‘n vakansiedag is, maar die skool sluit op Vrydag 29 September vir ‘n 10 dae vakansie, so ons wil ‘n ernstige en dringende beroep op ouers doen om nie al die Vrydagmiddag te vertrek as u vir die naweek wil weggaan nie.

Dit is ook Ben Reynecke se eerste konsert waar hy by ons in beheer sal wees, so ons wens hom alle sterkte toe en ek glo hy en die res van die personeel sal die nodige ondersteuning van u kry rakende aspekte soos hulp by toesig, dekor, grimering, ens.



Departementshoof (2de in bevel)

Ons het verlede kwartaal onderhoude gehad met 4 kandidate vir die pos wat Wayne Smit beklee het, maar ongelukkig het nie een van die kandidate aan genoeg van die kriteria wat vooropgestel is deur die benoemingskomittee, voldoen nie. Die departement het weer die pos geadverteer en ons sal eersdaags weer met die proses begin. Intussen neem Marinda Brink waar in hierdie pos tot die einde van die jaar en Nadia Stahmer is ook tydelik tot die einde van die jaar by die graad 5’s. Ons sal u op hoogte hou sodra ‘n nuwe aanstelling gemaak is.



Chris Paddock

Dit is Vrydag, 28 Julie, Chris se laaste dag by ons. Ons wens hom alle voorspoed toe by sy nuwe skool en glo hy sal nou meer tyd kan bestee by sy huis en vrou in Jacobsbaai. Ons sal binne die volgende paar weke vir ‘n nuwe sportbestuurder adverteer. Intussen kan alle navrae rakende sport met die betrokke sporthoof gekommunikeer word.



Nuwe gr. 1 leerkrag

Astrid Jordaan, ons nuwe graad 1 – juffrou, het ook Maandag by ons begin en sy het sommer dadelik tuis gevoel en maklik aangepas. Ons is seker dat hulle (haar man en dogtertjie wat gr. 1 is by ons) gou die skool en die Kaap sal geniet!

ALGEMEEN

‘n Herinnering aan die Wow-spelkompetisie se kringrondte wat by ons plaasvind op Vrydag, 25 Augustus.

Vyf leerders per graad neem deel en die deelnemers moet kan skryf en klank/spel.  

Baie sterkte aan al ons Jannies wat met die hand uitgesoek is.  Hopelik is julle al hard aan die oefen!

Brief van Ellerton Primary

Verlede kwartaal het Ellerton Primary ‘n groep leerders gebring om na ons Entrepeneursdag te kom kyk. Hulle hoof het vir ons ‘n bedankingsbrief geskryf en ook vier briewe van leerders ingesluit.

Volg asb die skakel.

https://drive.google.com/file/d/0BwWqA7ztcrZhU1VMdnYteFNjcnc/view?usp=sharing

AKADEMIE

Daar sal Vrydag,28 Julie 2017, gedurende skooltyd, ‘n studiemetodewerkwinkel vir die graad 4’s aangebied word.

Ouerbesoekgeleentheid: 3 Aug.2017

Maak gerus ‘n afspraak by Adri Marais (sekretaresse) indien u ‘n onderwyser oor u kind se vordering in graad 3 – 7 wil bespreek. Die kwartaallikse ouerbesoekgeleentheid vind plaas op Donderdag, 3 Augustus 2017, vanaf 16:00 – 19:00.

Tydens hierdie geleentheid mag u ook u kind se vraestel/antwoordstel van die eksamen bespreek.

SAMF/AMESA 

Op Woensdag 2 Augustus, skryf 55 van ons leerders die finale rondte van die SAMF-wiskundekompetisie. Die vraestelle sal in skooltyd geskryf word. Leerders wat meer as 50% behaal, sal sertifikate ontvang. 

Dit sal bekend gemaak word sodra ons die uitslae ontvang.

Indien daar leerders is wat ekstra voorbereiding wil doen ,kan jy ou vraestelle by die onderstaande skakel aflaai. 

http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html.

Baie sterkte aan elke leerder. 

WKOD -Wiskundekompetisie

Op Donderdag 3 Augustus, skryf alle leerders vanaf gr.4-7 die WKOD-Wiskundekompetisie. Hierdie vraestelle sal ook in skooltyd geskryf word. Die top 6 leerders per graad sal deurgaan na die finale rondte.

Hier neem die leerders in skoolverband teen 110 ander skole deel om die beste wiskundiges in ons kring te indentifiseer.

Ons hou vir elke leerder duimvas.

KULTUUR

Baie geluk aan Kate Wilkin wat ‘n briljante 97% behaal het in die Unisa Gr. 4 Teorie-eksamen.

Dit is ‘n besondere prestasie en ons is baie trots op jou 

 

SPORT

Stephen Claassen het die afgelope vakansie aan twee tennistoernooie deelgeneem:

1. Boland TSA Grand Prix 0/14: Hy het derde geëindig.

2.Graaff Reinet TSA Mini/ mans ope: Hier het hy EERSTE geëindig.

BAIE GELUK!

 

Look for 3 things in a person – intelligence, energy and integrity. If they don’t have the last one, don’t even bother with the first two.

– Warren Buffet

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209