Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Do, 29 Junie 2017    Gratis sivvies 
Do, 29 Junie 2017    Skool sluit 13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir res 
Vr, 30 Junie 2017    Skool sluit om 10:45  
Vr, 30 Junie 2017    Leerders ontvang rapporte  
Sa, 8 Julie 2017    Mnr. Leon Hanekom verjaar  
So, 9 Julie 2017    Juf. Claudia Josephus verjaar  
Di, 11 Julie 2017    Juf. Shannon Smuts verjaar  
Sa, 22 Julie 2017    Juf. Ischke Felix verjaar  
Ma, 24 Julie 2017    Skole heropen   

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Chris Paddock

Dit is met groot hartseer dat ons moet aankondig dat Mnr. Chris Paddock bedank het. Hy het ‘n pos aanvaar by die Weskusskool in Saldanha, wat ‘n klipgooi van sy huis in Jacobsbaai is. Hy begin reeds op 1 Augustus, so sy laaste dag by ons sal Vrydag 28 Julie wees. Ons is regtig baie spyt om hom te verloor, maar ons weet die groot afstand vanaf sy huis na die skool het die laaste paar jaar te erg begin raak.

ALGEMEEN

Pilates-klasse

“If your spine is inflexibly stiff at 30, you are old. If it is completely flexible at 60, you are young.”

 – Joseph Pilates 

‘n Weeklikse groeps pilatesklas word van volgende kwartaal af aangebied vir onderwysers en ouers van Laerskool Jan van Riebeeck deur Conrad van Breda, ervare en gekwalifiseerde Pilates instrukteur en student van die doyen van Pilates in Kaapstad – Katya Kinski – stigter van Pilates Academy SA. 
Weeklikse klasse begin Woensdag die 2de Augustus, 16:30 tot 17:30 in die skoolsaal. Kostes beloop R800 per kwartaal vir ‘n minimum van 8 klasse. 
Plek in klasse sal beperk word om kwaliteit en persoonlike aandag te verseker. 

Vir meer inligting en om jou plek te bespreek kontak Conrad gerus by: 084 445 0125 of per epos cvbreda@gmail.com. 

---

Baie Geluk aan Aiden en Isabel Duncan – een van ons Gr1- Tweeling Jannies. Ons hoop julle smul te lekker aan julle Pizzas by ColÇaccios.  Baie dankie vir julle oulike herwinning!

Die vakansie is hier!  Ons hoop julle onthou al die wenke om water te bespaar, selfs as julle nie hier is nie.  Vir diegene wat in Jan Tuisbly se karretjie gaan ry… kom maak saam met ons ons pragtige berg skoon. 

Die Fiends of Lion’s Head vrywilligers en hul families kom eerskomende Saterdag – 1 Julie, van 10:00 tot 13:00 bymekaar om Seinheuwel skoon te maak.  Ons kom by die “noon day gun parkeer area” bymekaar om 10:00.  Bring sakke, handskoene en ‘n hoed en kom help!Hier is die skakel vir meer inligting : http://friendsoflionshead.org/activities/activities-3/icalrepeat.detail/2017/07/01/63/-/litter-clean-up.html

AKADEMIE

3D Printing Werkswinkel

DUSN, gebruik 3D printing-werkswinkels as medium vir ‘n vars en lewendige aanslag tot die teorie van WWT-vakke (wiskunde, wetenskap en tegnologie). Deur verskeie areas van die vakgebiede te kombineer, gepaard met die praktiese toepassing, skep ons ‘n ruimte waarin studente ‘n meer omvattende insig in die verskeie vakgebiede ervaar.

Tydens die komende reeks 3D printing vakansie-werkswinkels, wat by Laerskool Jan van Riebeeck se Rekenaarsentrum aangebied word, kry studente die geleentheid om die volgende onderwerpe te geniet:
Straalaandrywing: Studente ontwerp en 3D print die komponente van ‘n straalaangedrewe karretjie wat hulle dan self aanmekaar slaan en die straalaandrywing in werking sit met ‘n ballon wat as vuurkrag dien. Tydens die werkswinkel verken ons ook die seelewe wat toegevoeg het tot die ontwikkeling van straalaandrywing.
Draaibeweging: Aangesien Fidget Spinners nie meer in die klaskamer toegelaat word nie bring ons met dié werkswinkel die klaskamer na die Fidget Spinner. Studente verken tydens die werkswinkel die verskeie kragte wat agter die dryf lê van die tendens. Die basis van die tol word eers ontwerp om dan te 3D print waarna addisionele komponente dan bygevoeg word om die finale ontwerp aanmekaar te slaan en die teorie dan op die proef te stel.
Vir meer inligting en registrasie vir die werkswinkels, besoek gerus ons webtuiste by- http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/

Firefly Nuusbrief

Sien gerus die aangehegte advertensie van Annamie Rademeyer. Sy is die onderwyseres wat die gr. 4 – 7 studiemetodewerkswinkels aangebied het.

Ouerbesoekgeleentheid op 3 Aug 2017 

Maak gerus ‘n afspraak by Adri Marais (sekretaresse) indien u ‘n onderwyser oor u kind se vordering in graad 3 – 7 wil bespreek. Die kwartaallikse ouerbesoekgeleentheid vind plaas op Donderdag, 3 Augustus 2017, vanaf 16:00 – 19:00.
Tydens hierdie geleentheid mag u ook u kind se vraestel/antwoordstel van die eksamen bespreek.

Woord Nr 59
Kantien
Wenners: Keira Heyns, Pierre Becker, Teia Louw (grad 4 vdV)
Definisie 1: ‘n Plek waar mense werk, wat goedkoop maaltye verkoop.
Sin 1: Ek koop vir my ‘n broodjie by die kantien.
Definisie 2: ‘n Blik met ‘n handvatsel waarin mens vloeistowwe kan dra.
Sin 2: Sy gebruik ‘n kantien om die water te dra
Definisie 3: kroeg
Sin 3: Hulle drink ‘n koeldrank by die kantien. 

SPORT

17 – 20 Julie  WPNA Netbalkliniek  @ Laerskool Jan van Riebeeck
31 Julie          Milnerton (liga)  @ Laerskool Jan van Riebeeck
2 Aug             Monte Vista (liga)  @ Laerskool Monte Vista
7 Aug             Edgemead (liga) @ Laerskool Jan van Riebeeck
8 Aug             Dr Viljoen toerspan(o/12,o/13) @ Laerskool Jan van Riebeeck
14 Aug           Curro Durbanville (liga)  @ Curro Durbanville​
16 Aug           Goodwood Park (liga)  @ Laerskool Goodwood Park​
​19 Aug           Sportdag teen Dirkie Uys​  @ Moorreesburg
​’n Nuwe datum teen Curro Century City moet nog bepaal word.

Baie dankie vir almal se bydrae gedurende die eerste helfte van die seisoen. Met die wonderlike reën wat ons gedurende die eerste helfte van die seisoen gehad het lê daar vir ons ‘n baie vol program voor in die derde kwartaal. Baie van ons wedstryde moes na nuwe datums verskyf.

Op Woensdag, 28 Junie, het Sima Ngwena amptelik haar CTPSN klere (voorheen WP klere) ontvang by hul spog-aand funksie. Ons sê weereens vir haar baie geluk! ( foto: Sima en haar trotse pa, George Dlovu van Huppelland)

Die Wes-Kaap Inter-distrik Toernooi waar sy en haar span teen ander spanne vanuit die Wes-Kaap sal deelneem, vind by Hugenote Hoërskool in Wellington plaas op 21 & 22 Julie. Daar sal spanne van o/11 – o/18 aan hierdie toernooi deelneem. Sima is deel van die O/13 Dolphins span. Juffrou Ischké Felix sal gedurende hierdie toernooi as skeidsregter optree en juffrou Razelle Hanekom as die Assistent Algemene Bestuurder van al die CTPSN spanne. Ons sê vir hulle almal baie sterkte en enige iemand wat lus is om bietjie in Wellington te gaan kuier is welkom om die wedstryde by te woon.

Juffrou Ischké Felix offer nog ‘n week van haar vakansie op as sy saam met die O/13 Willlows span, dis ‘n Wes-Kaap span, na die Nasionale toernooi in Boksburg gaan as spanbestuurder. Hierdie is ‘n ongelooflike toernooi om deel van te wees en die ondervinding wat juffrou Felix weer terug bring na ons skool is van onskatbare waarde. 

Julle sal ook sien dat ons volgende kwartaal almal pragtige nuwe bibbies gaan dra. Hierdie “remodel” van ons spelers is alles te danke aan Bree Street Capital wat ons kinders ook op die bane wil laat uitstaan met pragtige en netjies drag. Hierdie voorreg stel ons nou in staat om ons ou bibbies weer aan ‘n ander skool te borg. Die plan is om die skool vir wie ons die ou bibbies gaan borg te nooi om na ons skool te kom en dan ook wedstryde teen ons kinders te speel. Ons is nog besig om datums en skole te bevestig, maar wil solank vir ons spelers vra om asb enige ou tekkies, wat nog bruikbaar is, na juffrou Hanekom te bring. Ons wil graag die ou tekkies ook aan die kinders borg omdat baie van hierdie spelers kaalvoet of in skoolskoene speel.

Die netbalkliniek gedurende die eksamen het ook baie oulik gewerk. Die dae waarop die o/7-o/9 spelers hul kliniek gehad het is baie goed bygewoon met ongeveer 20 spelers per dag. Ongelukkig het die O/10 -O/13 spelers nie so gereeld die kliniek bygewoon nie en het die afrigter dikwels net 2 spelers gehad. Ons gaan op hierdie stadium nie hierdie klinieke staak nie.

Die kwartaal is op sy rug en ek is seker almal sien baie uit na hierdie vakansie. Almal moet lekker rus en moenie vergeet om bietjie netbaloefeninge te doen nie.

Happiness is the new rich.
Inner peace is the new success.
Health is the new wealth.
Kindness is the new cool. 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209