Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

 

Vrydag, 23 Junie 2017    Eksamen eindig (Gr. 4 – 7)  

Vrydag, 23 Junie 2017    Gratis sivvies  

Saterdag, 24 Junie 2017    Juf. Salomé verjaar  

Maandag, 26 Junie 2017    Gr.1,3,6: Oogtoetse  (Skoolsaal)

Maandag, 26 Junie 2017    Gr.6: Lead4Life  

Dinsdag, 27 Junie 2017    Musiekkonsert:Gr.4&5 om 08:15  

Woensdag, 28 Junie 2017    Musiekkonsert:Gr.6&7 om 08:15  

Woensdag, 28 Junie 2017    Liewe Aarde Sivvies  

Woensdag, 28 Junie 2017    Markdag  (12:00  -12:45 Vierkant)

Donderdag, 29 Junie 2017    Gratis sivvies  

Donderdag, 29 Junie 2017    Skool sluit 13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir res  

Vrydag, 30 Junie 2017    Skool sluit om 10:45  

Vrydag, 30 Junie 2017    Leerders ontvang rapporte  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Uit die Hoof se Kantoor



Belangrike brief



Daar is ‘n baie belangrike brief wat saam met die rapporte geplaas gaan word waarvan ouers asb kennis moet neem.

ALGEMEEN

Eda het gedurende die naweek weer wasmetodes getoets om die materiaalverskaffer se instruksies te bevestig.

Die materiaal kan nie aan hitte blootgestel word nie. Moet dit asseblief nie droogmaak in ‘n tuimeldroër nie. Laat dit droog word op ‘n hanger.

Volg asseblief die wasinstruksies en bevestig dit met enigiemand wat met jou wasgoed werk.

Groote Kerk Speletjiesaand

GROOTE KERK SPELETJIESAAND

 

Knysna

Ons Knysna donasie-veldtog is Maandag afgesluit met ‘n reuse donasie 

van Panorama Palms-ouetehuis. Baie dankie aan Die Burger wat die

koerierdiens hiervoor verskaf het, sowel as ouers en opvoeders wat gehelp

het om ‘n sukses van hierdie projek te maak.

Liewe Aarde maar dit is koud!  Hier is ‘n paar idees hoe om die hitte in te hou en sodoende elektrisiteit (en water) te bespaar : 

• Probeer om buite deure so min moontlik oop te maak. As hulle moet oopgaan – doen dit vinnig.

• Maak al die deure in die huis toe – sodoende bly die hitte in die vertrekke wat verhit word.

• Sit opgerolde handdoekke voor deure waar die koue wind kan binnekom.

• Maak gordyne of blindings toe om versteroppervlakte te verminder.

• Trek warm aan en sit ekstra komberse op beddens, eerder as om verwarmers die hele tyd aan te los. 

Volgende week is Markdag – moedig asb julle Jannies aan om hulle verkoopsware self te maak – kom kyk gerus wat julle kan gebruik uit die herwinningsdepot !  Kyk op Pinterest of Google idees vir items wat van herwinde materiale gemaak kan word. 

AKADEMIE

Die graad 4’s sal op Vrydag, 28 Julie 2017, gedurende skooltyd ‘n studiemetodewerkwinkel ontvang.  

This term saw the Third Module of Edro’s Robotics Academy at Laerskool Jan van Riebeeck. Through Edro classes, participants learn the fundamentals of Coding and Computer Science while programming robots to solve a variety of problems. Edro is run as an extra mural on Thursday afternoons.  A special thank you must go to Louise van Dyk for her ongoing support and assistance. 



Photo: 
Chris Scott and Anna van Biljon

Below, John Naiker, Edro’s Managing Director, describes his experience leading the class:

‘Who would have thought that a small group of students at Laerskool JvR would be Edro’s pride and joy! Working on Module 3 of the Edro Robotics Programme, the JvR group started the term with 6 months of coding experience behind them. In this Module, we learned how to write code at a command line level, controlling our robots with unprecedented precision. We ended off the term with our first experience of using variables. Anna Von Biljon won the prize for the “clap of death” competition, while Leo Le Roux has to be the most enthusiastic participant. He designed and made ‘Cheat Sheets’ for everyone that gave tips for how to use the most common code commands.  I am very excited about what Term 3 holds for this very engaged group, as they continue with their robotics and coding journey.’

Maak gerus ‘n afspraak by Adri Marais (sekretaresse) indien u ‘n onderwyser oor u kind se vordering in graad 3 – 7 wil bespreek. 

Hierdie kwartaallikse ouerbesoekgeleentheid vind plaas op Donderdag, 3 Augustus 2017, vanaf 16:00 – 19:00. 

Tydens hierdie geleentheid mag u ook u kind se vraestel/antwoordstel van die eksamen bespreek.

DUSN, gebruik 3D printing-werkswinkels as medium vir ‘n vars en lewendige aanslag tot die teorie van WWT-vakke (wiskunde, wetenskap en tegnologie). Deur verskeie areas van die vakgebiede te kombineer, gepaard met die praktiese toepassing, skep ons ‘n ruimte waarin studente ‘n meer omvattende insig in die verskeie vakgebiede ervaar.

Tydens die komende reeks 3D printing vakansie-werkswinkels, wat by Laerskool Jan van Riebeeck se Rekenaarsentrum aangebied word,  kry studente die geleentheid om die volgende onderwerpe te geniet:

Straalaandrywing: Studente ontwerp en 3D print die komponente van ‘n straalaangedrewe karretjie wat hulle dan self aanmekaar slaan en die straalaandrywing in werking sit met ‘n ballon wat as vuurkrag dien. Tydens die werkswinkel verken ons ook die seelewe wat toegevoeg het tot die ontwikkeling van straalaandrywing.  

Draaibeweging: Aangesien Fidget Spinners nie meer in die klaskamer toegelaat word nie bring ons met dié werkswinkel die klaskamer na die Fidget Spinner. Studente verken  tydens die werkswinkel die verskeie kragte wat agter die dryf lê van die tendens. Die basis van die tol word eers ontwerp om dan te 3D print waarna addisionele komponente dan bygevoeg word om die finale ontwerp aanmekaar te slaan en die teorie dan op die proef te stel.

 Vir meer inligting en registrasie vir die werkswinkels, besoek gerus ons webtuiste by- http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/

Biblioteekboeke

Alle biblioteekboeke terug in die biblioteek teen Donderdag!

KULTUUR

Onthou asb. van die 2 musiekkonserte die laaste week van die kwartaal. Musiekleerders kry die geleentheid om voor ouers en maats op te tree.

Dinsdag 27 Junie 8:15  -Gr 4+5

Woensdag 28 Junie 8:15  -Gr 6+7

Alle leerders wat NIE by die skool les neem nie, maar ook graag wil speel, is baie welkom en moet net hulle name en stukke vir juf. Groenewald stuur voor of op Vry. 23 Junie.

helecia@jvrprim.co.za

SPORT

Wintervakansiekliniek

(volg die skakel)

‘…het jy iets in ons kom wakker maak,

het jy mense met mekaar laat praat,

ons iets gegee om aan vas te hou…’

– uit Kleinmond koebaai, Valiant Swart

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209