Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

 

Vrydag, 16 Junie 2017    Jeugdag-vakansiedag  

Dinsdag, 20 Junie 2017    Juf. Magriet van Zyl verjaar  

Woensdag, 21 Junie 2017    Rugby @ Elkanah House  (Tuis)

Vrydag, 23 Junie 2017    Gratis sivvies  

Vrydag, 23 Junie 2017    Skaakwedstryd teen Phyllis Jowel  (Weg)

Saterdag, 24 Junie 2017    Juf. Salomé verjaar  

 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Uit die Hoof se Kantoor


Kaalvoet/Skoene

Ons het ‘n tyd gelede ‘n paar versoeke van ouers gekry wat gevra het of ons leerders nie gedurende die somermaande kaalvoet skool toe kan kom nie. Ons het agt laerskole in die stadskom gekontak om te hoor wat hulle beleid rondom hierdie aspek is en nie een van die agt skole laat toe dat die leerders kaalvoet skool toe kom nie. Die redes wissel van higiëne, onnet, teerblaaie wat voete brand, en vele ander.

Die besluit wat gemaak is, is dat ons ook nie gaan toelaat dat leerders kaalvoet skool toe kom nie, maar dat ‘n onderwyser wel kan toelaat dat die leerders op warm dae hulle kouse en skoene uittrek en in die klas los, maar dat hulle dit weer moet aantrek voordat hulle huis toe gaan. Ons is bewus daarvan dat baie skole in die platteland dit wel toelaat, maar ek dink u sal saamstem dat daar ‘n groot verskil is tussen die stad en die platteland.


Sportdrag

Ons het ook ‘n versoek gehad of die leerders nie op dae wat hulle sport het, met hulle sportdrag mag skool toe kom nie, maar dit is ook deur meer as 90% van die personeel afgekeur.

ALGEMEEN

Weer eens baie dankie vir u ondersteuning en bywoning van ons baie suksesvolle Veiling by “The Grand Cafe”, Grangerbay, Waterfront.

Fotos geneem deur bekende fotograaf Riaan Oberholzer van Durbanville, word aan u beskikbaar gestel.  

Kliek op die volgende skakel:  VEILING 2017   Nogmaals dankie Riaan, en een en elkeen wat deel was van die sukses van hierdie aand.Vir verdere navrae in verband met die foto’s, skakel gerus met Ben by ben@jvrprim.co.za. Vriendelike groete.

 

Ons kon sowat 42 sakke en bokse met klere, handdoeke, beddegoed, kos en speelgoed bymekaarmaak vir die nood in Knysna en omgewing.

DHL het dit kostevry by die skool kom oplaai en na Knysna vervoer. Baie dankie aan alle ouers, helpers en Jannies vir julle goedhartigheid.  

Baie dankie aan die ouers wat vir juf. Magriet van Zyl kom help het met die sorteerwerk:

Links na regs: Ria Hertzog, Annelize van Wyk, Suna Kartsen en Stephanie le Roux.

 

Liewe Aarde-nuus van 15 Junie

Ons sien ‘n hele paar kinders bring warmwatersakkies skooltoe om warm te bly in hierdie bibberweer… In stede daarvan om elke keer nuwe warm water in te sit… kook net die water wat in die bottel is weer.

Onthou, hoewel dit nou reën, is ons nog steeds in ‘n baie erge droogte, so spaar water waar moontlik!

Onthou ook om julle melk-en saphouers wat in Tetra-verpakking is, ook te herwin by ons depot. Dis maar onlangs eers bygevoeg by ons depot. Die volgende Jannie van die Week sal eers aangekondig word as daar weer saalopening is.

Liewe-Aarde groete

Klerebank-nuus

Klerebank is slegs in die oggende oop gedurende eksamentye (e-pos om ‘n alternatiewe reëling te tref indien nie in die oggend kan inkom nie).

• Gebruik asseblief e-pos vir bestellings, jvrklerebank@gmail.com.

• Golf T’s, Serpe en sweetpakke en beperkte hoeveelheid ‘tights’ is beskikbaar.

• Gereserveerde items waarvoor nog nie betaal is nie, gaan beskikbaar gestel word vir ander ouers teen 19 Junie 2017.

• Kommunikeer asseblief aan u kinders: ‘n Verlore item is steeds iemand se eiendom. Dit is diefstal om te neem wat nie aan jou behoort nie.

Groete,

Eda Naude – JvR Klerebank

 

AKADEMIE

Eksamentye

Herhaling en herinnering: Neem asseblief kennis dat die skool vanaf 12 Junie 2017 om

13:00 vir gr. 1 – 3 en om

13:15 vir gr. 4 – 7 sluit.  

Die skoolbus sal om 13:15 vertrek.

Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag moet ‘n doktersertifikaat getoon word.  Leerders mag nie skryfbehoeftes by mekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.  Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

DUSN, gebruik 3D printing-werkswinkels as medium vir ‘n vars en lewendige aanslag tot die teorie van WWT-vakke (wiskunde, wetenskap en tegnologie). Deur verskeie areas van die vakgebiede te kombineer, gepaard met die praktiese toepassing, skep ons ‘n ruimte waarin studente ‘n meer omvattende insig in die verskeie vakgebiede ervaar.

Tydens die komende reeks 3D printing vakansie-werkswinkels, wat by Laerskool Jan van Riebeeck se Rekenaarsentrum aangebied word,  kry studente die geleentheid om die volgende onderwerpe te geniet:

Straalaandrywing: Studente ontwerp en 3D print die komponente van ‘n straalaangedrewe karretjie wat hulle dan self aanmekaar slaan en die straalaandrywing in werking sit met ‘n ballon wat as vuurkrag dien. Tydens die werkswinkel verken ons ook die seelewe wat toegevoeg het tot die ontwikkeling van straalaandrywing. 

Draaibeweging: Aangesien Fidget Spinners nie meer in die klaskamer toegelaat word nie bring ons met dié werkswinkel die klaskamer na die Fidget Spinner. Studente verken  tydens die werkswinkel die verskeie kragte wat agter die dryf lê van die tendens. Die basis van die tol word eers ontwerp om dan te 3D print waarna addisionele komponente dan bygevoeg word om die finale ontwerp aanmekaar te slaan en die teorie dan op die proef te stel. 

Vir meer inligting en registrasie vir die werkswinkels, besoek gerus ons webtuiste by- http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/

WOW SPELFEES

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om die skool te verteenwoordig by die WOW-Spelfees se kringronde. Ons speel gasheer vir die kompetisie op Vrydag, 25 Augustus. Tydens hierdie rondte gaan die spellers moet skryf en hardop klank (Gr.1 en 2) of spel (Gr.3-7).

Gr.1

Sofia Newton

Liza Hertzog   

Katia van Wyk      

Lara Frontini        

Karlien van der Walt

Gr.2   

Cara Swanepoel

Lea de Ridder

Markus de Ridder

Simon van Dyk

Emke van Wyk

Gr.3

Mia Symington

Ameli Snyman

Katrien Stimie

Ewan Naude

Vida Engels

Gr.4   

Jana Brink

Teia Louw

Stella Malan

Armand Meyer

Gr.5

Peet Karsten

Annie Basson

Matilda Laubscher

Anna van Biljon

Zazzie Henderson

Gr.6

Isabelle Lategan

Stefan van Wyk

Henry Potgieter

Christiaan Stimie

Daniel Grutter

Gr.7

Ella Basson

Pierre Botha

Stephen Claassen

Janneke van der Walt

Hanna van der Westhuizen

KULTUUR

Onthou asb. van die 2 musiekkonserte die laaste week van die kwartaal. Musiekleerders kry die geleentheid om voor ouers en maats op te tree.

Dinsdag 27 Junie 8:15  -Gr 4+5

Woensdag 28 Junie 8:15  -Gr 6+7

Alle leerders wat NIE by die skool les neem nie, maar ook graag wil speel, is baie welkom en moet net hulle name en stukke vir juf. Groenewald stuur voor of op Vry. 23 Junie.

helecia@jvrprim.co.za

 

SPORT

Geluk aan ons Jannies vir ‘n goeie wen teen Herzlia Highlands laas Vrydag. Ons Jannies het hulle span geklop 7-1. Ons wil ook vir Thornley Webber bedank dat hy bereid was om op kort kennisgewing in te staan vir ‘n speler wat afwesig was.

Vrydag, 9 Junie, het die volgende leerders deelgeneem aan ‘n landloop wedloop by Fish Hoek Primary School.

O/7

Luka Strydom 20ste

O/8

Lea de Ridder 20ste

Markus de Ridder 78ste

Albert Griesel 37ste

O/10

Ruan Rossouw 26ste

Stephan Griesel 53ste

O/11

Eugénie Delpierre 9de

Dankie aan al die leerders wat deelgeneem het!

 

Every project is a self-portrait of the person who did it.

-Norman Rockwell

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209