Baie dankie aan al die ouers wat gisteraand, 18 Mei 2017, se rekenaarinligtingsessie bygewoon het.  Leon Hanekom het op ‘n besondere en interaktiewe manier aan almal verduidelik en gewys hoe ons rekenaars (spesifiek die Chromebook) en akademie in die klaskamer (gr. 5 – 7) integreer en wat ons in die toekoms graag met rekenaars wil doen om leer vir ons leerders lekker te maak.