Laerskool Jan van Riebeeck Nuus. (Ook beskikbaar op ons webblad).

Liewe Ouers,

Datums

Belangrike datums vir volgende week:

Vrydag, 12 Mei 2017    Huppelland 10 jarige partytjie  

Vrydag, 12 Mei 2017    Wêreld Boekedag  

Vrydag, 12 Mei 2017    Landloop  (American International School)

Woensdag, 17 Mei 2017    Rugby @ Curro Century City  (Weg)

Woensdag, 17 Mei 2017    Netbal liga @ Milnerton  (Tuis)

Donderdag, 18 Mei 2017    Gesprek met ouers  (skool)

Vrydag, 19 Mei 2017    Landloop  (Gary Kirsten Oval)

Vrydag, 19 Mei 2017    Skaakwedstryd teen Reddam House  (Tuis)

Saterdag, 20 Mei 2017    Juf. Anike Goliath verjaar  

Saterdag, 20 Mei 2017    Sportdag @ Piketberg  (Tuis)

Sondag, 21 Mei 2017    Mnr. Chris Paddock verjaar  

 

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Uit die Hoof se Kantoor

Huiswerk

Ons het ‘n versoek van ‘n paar ouers gehad of ons nie ook soos Sunvalley en Camps Bay Primary geen huiswerk vir leerders wil gee nie. Ons Bestuurspan het onderneem om in die vierde kwartaal by bogenoemde skole besoek af te lê en dan ‘n besluit te neem hoe ons dit volgende jaar sal hanteer. Camps Bay het eers hierdie kwartaal met hulle “Geen Huiswerk” beleid begin.

Kaalvoet skool toe

Ons het ook ‘n versoek van ‘n paar ouers gehad of die kinders nie in die somermaande sonder skoene kan skool toe kom nie.  Ons is tans besig met ‘n ondersoek en sal ook ander Laerskole in die stad nader en hoor wat hulle beleid is. Ons is daarvan bewus dat baie skole in die platteland en selfs in die Noordelike voorstede dit toelaat dat veral die kleiner kinders (Gr 1 tot 3), gedurende die 1ste en 4de kwartaal sonder skoene skool toe kan gaan, maar is nie seker wat die meeste skole in groot stede se beleid is nie.

ALGEMEEN

Praktiese reëlings

Weeklikse Nuusbrief

Neem asb. kennis dat die NUUSBRIEF wat weekliks op ‘n Donderdag verskyn het, van hierdie week af elke VRYDAG verskyn. Die uitsondering is as die week korter is a.g.v. ‘n vakansiedag.

Datumlys

Die bostaande datumlys sal a.g.v. praktiese redes net elke komende week se datums bevat. Daar is egter vir ouers se gerief ook ‘n skakel wat jou neem na die volledige datumlys van die kwartaal.

Weens ‘n fout op die raampie van die familie-foto’s (boeties en sussies), sal hierdie foto’s eers oor twee weke beskikbaar wees.

Jammer vir die ongerief.

Bestelling van Klasfoto’s:

Die klasfoto’s is op die aansteekbord aangebring.

U moet asseblief by u kind se klasonderwyser bestel.

Wyse van betaling as volg: Kontant in ‘n koevert met die kind se naam en die bedrag daarop.

Tjek: uitgemaak aan die skool

Elektroniese betaling aan die skoolrekening: Stuur asb ‘n bewys van betaling aan die klasonderwyser.

Prys:

R40: 150x200mm (soos op aansteekbord)

R50: 200x270mm

R60: 300x400mm

Sluitingsdatum vir bestelling is 1 Junie 2017.

Baie geluk aan Christin Meyer Gr 5L, wat hierdie week se Jannie van die Week is. Hou so aan met jou getroue herwinning. Ons hoop jy en jou familie geniet die Col Caccio’s geskenkbewys.



Soos julle al seker gehoor het, is die nuwe Vlak 4 waterbeperkings om die draai. Hier is twee goeie wenke om te sien of julle waterlekke het:

1. Sit ‘n bietjie kleursel in die ‘cistern’ van die toilet – ‘n paar druppels beetsap sal die ding doen!  Wag vir 30 minute en sien of die kleur deurgelek het na die bak… indien wel, het jy ‘n lek en kan dit regmaak.

2. Kies ‘n tyd van die dag waar die gesin nie water gaan gebruik nie. Vat ‘n lesing op jou watermeter en skryf dit neer.  Na 2 ure (met niemand wat water gebruik het nie…) vat die volgende lesing.  As daar ‘n opwaartse lesing is, is daar ‘n lek. Bespaar water soveel soos julle kan!

Fallen Angels:

Die Gr.7 Uitreikkomitee gaan Vrydag, 12 Mei, vir Fallen Angels besoek. Daar sal die leerders die diere vertroetel en bederf. Hul neem ook al die Jannies se wonderlike skenkings, van kos tot bederfies saam.

Baie dankie aan elke Jannie wat hul harte oopgemaak het en ‘n bydrae gelewer het die afgelope week.

 

AKADEMIE

Op Donderdag, 18 Mei 2017, om 18:00 word daar ‘n inligtingsessie by die skool aangebied wat sal fokus op die integrasie/versoening van chromebooks/rekenaars ter ondersteuning en verryking van die kurrikulum om ons akademie te versterk.



Die inligtingsessie sal vir die graad 5 – 7 ouers belangrik wees, maar enigiemand anders kan dit ook bywoon om die nodige inligting te ontvang sodat u ten volle ingelig voel oor u kind se rekenaarblootstelling in die toekoms. Laat weet gerus vir Leon Hanekom –leon@jvrprim.co.za – of u die sessie sal bywoon. Die getalle sal bepaal waar ons die inligtingsessie sal aanbied. Ons sal die lokaal betyds aan u per sms bekend maak.

Daar is besluit om van hierdie jaar af nie meer die top drie leerders per klas uit te sonder nie. Daar sal dus ook nie meer medaljes uitgedeel word nie. Elke leerder sal steeds ‘n diploma ontvang wat prestasie en/of goeie karaktereienskappe uitlig.

 

Al die Jannies skryf Woensdag,  31 Mei ‘n speltoets oor die eerste helfte van die WOW-spelwoorde.  Slegs drie leerders per graad gaan gekies word om JvR te verteenwoordig by die kringkompetisie wat 25 Augustus by ons skool gaan plaasvind.

 

Geen antwoordstelle/vraestelle (graad 1 – 7) van toetse en/of eksamens sal huis toe gestuur word nie. Die punt wat die leerder tydens toetse/formele assessering behaal het, sal steeds aan die leerder gegee word aangesien die antwoordstel/vraestel na afloop van die toets se aflegging deeglik met die leerder gedurende klastyd bespreek word.

Ons sal wel ‘n kwartaallikse portefeulje- aand (vir gr. 4 – 7) aan die einde van elke kwartaal (kw. 1 – 3) hou, waartydens die leerder se toetse beskikbaar is om in die teenwoordigheid van die betrokke onderwyser te besigtig en dit dan te bespreek ,indien nodig. Teken asb. Dinsdag, 30 Mei 2017, om 17:00 – 19:00 aan. Hierdie geleentheid sal nie die ouerbesoek van vroeër die kwartaal vervang nie omdat ons die nodigheid vir beide die geleenthede as belangrik beskou.

 

Jet Propulsion Rocket Car

In this workshop we mix different areas of STEAM content, introducing students to a new dimension of learning. Focusing on the topic “Jet Propulsion”, we explore the theory of jet propulsion by taking a look at the different applications thereof

as well as the elements in nature that contributed to its evolution.

· Students will learn to use basic 3D modeling software

· Design and 3D print components for the Rocket Car

· Engage in a more immersive learning experience when assembling their design and putting it to the test

Workshop cost: R750

Date: 25 May – 29 June 2017 (Every Thursday)

Time: 16:00 – 17:30

Venue: Jan van Riebeeck (IT class)

​Link – http://www.dusn.co.za/​ 

 

Ons seniorfase, gr. 4-7 leerders, het Dinsdag die eerste rondte van die SAMF (South African Maths Federation), ook bekend as die ou AMESA, geskryf. Die volgende rondte vind 2 Augustus plaas. Die volgende leerders, in graad- verband, het deurgedring na die finale rondte:

Altesaam 55 van ons leerders is deur na die finale rondte. Baie geluk aan elkeen. Sterkte en geniet die voorbereiding vir die finale rondte. 

Wiskunde groete, 

mnr Hanekom 

KULTUUR

Baie geluk aan die deelnemers wat ons skool verlede Donderdag, 4 Mei 2017, by die AKTV-redenaarskompetisie se uitdunronde verteenwoordig het.

Spesiale gelukwensing aan die deelnemers wat aan die semi-finale ronde van die kompetisie sal deelneem:

Gr. 3 – Danny Newton, Heloïse Strauss en Michelle van Niekerk

Gr. 4 – 5 – Alexander Newton en Stella Malan

Gr. 6 – 7 – Kate Wilkin

Die Redenaars se semi-finale rondte vind op Saterdag, 26 Mei 2017, te Parel Vallei (Somerset-Wes)plaas. Sodra ons meer inligting ontvang, sal ons dit plaas.

Die afgelope naweek het talle van ons leerders deelgeneem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Verskeie skole se leerders het ons skool kom besoek en gespog met hul talente.

Baie geluk aan elke Jannie wat deelgeneem het, julle is tops! Dankie ook aan die ouers vir al hul ondersteuning deur die loop van die naweek.

 

SPORT

Netbal: Wedstrydbepalings kwartaal 2 en 3

(Volg asb die blou skakel)

Ons skaakspelers het verlede Vrydag teen Herzlia Highlands Primary gespeel. Ons sewe skaakspelers het goed gevaar en ons teenstanders 5½ – 1½ geklop. Mooi so Jannies!

Vrydag, 5 Mei se landloopwedloop was by Yeshua Christiaan School in Elfindale, waar die volgende leerders deelgeneem het:

O/8

Lea de Ridder 12de

Markus de Ridder 73ste

Sophia Liebenberg 18de

Albert Griesel 32ste

O/10

Ruan Rossouw 25ste

Ruben Vorster 29ste

O/11

Eugenie Delpierre 19de

Lukas Wasserman 28ste

O/12

Gabriël Smuts 29ste

Enzo Vorster 50ste

O/13

Divan Rossouw 7de

Op Woensdag , 10 Mei 2017,  het al ons rugbyspanne se ligawedstryde begin. Dit was mooi om elke span in hul nuwe truie te sien. Die wedstryde het goed verloop en ons spanne het baie goed gedoen. Die uitslae is as volg:

0/7 – wen

0/8 – wen

0/9 – wen

0/11 – wen

0/13 – verloor

Dit is ‘n baie goeie begin vir die seisoen en ons wens alle spanne sterkte toe vir die res van die seisoen.

Die volgende wedstryd is 17 Mei by Curro – Century City. Alle spelers wat deelneem, sal Maandag hulle briewe ontvang.

Neem asb. kennis. 14 en 21 Junie was daar wedstryde onderskeidelik teen Parklands en Elkanah House geskeduleer. Die eksamen begin 13 Junie en dus het ons die wedstryde geskuif na die 3de kwartaal.

Hierdie datums sal nog bevestig word.

Rugby- groete.

L.Hanekom

​Ons wil graag vir Neena Lonte (O/11) en Sima Ngwenya (O/13) baie strekte toewens vir hul finale rondte van WP Netbalproewe wat onderskeidelik Vrydag, 12 Mei, en Saterdag, 13 Mei plaasvind. Indien Sima ​gekies word in die top 21 gaan sy aan Wes-Kaap proewe deelneem.

Ons begin volgende week met ons eerste liga wedstryde tuis teen Laerskool Milnerton. Dit het onder ons aandag gekom dat daar ook die aand ‘n Justin Bieber konsert plaasvind. Die wedstryde gaan steeds voort. 

Op hierdie punt wil ek ‘n GROOT beroep op ouers doen om asb nie aktiwiteite, ander oefeninge of afsprake te reël gedurende oefeninge of op wedstryd-dae nie. Netbalspanne is baie klein en indien 1-2 spelers ‘n oefening of wedstryd mis, laat hulle ‘n hele span in die steek. Dit maak die afrigter se werk baie moeilik. Geen baanwerk kan doeltreffend aangeleer word nie. 

Die datums vir naweek- wedstryde  en enige ander wedstryde word onmiddellik op die kalender geplaas om ouers met enige beplanning te help. Ons probeer van ons kant vir spelers ekstra wedstryde, buiten ligawedstryde, reël om vir hulle meer geleenthede te skep. Ons hande is egter afgekap as spelers gereeld net onttrek. Ons moes in die verlede dikwels wedstryde kanseleer a.g.v spelers wat op die laaste minute onttrek. Help ons asb op hierdie gebied deur ons vroegtydig in kennis te stel indien u dogter nie kan speel nie. Ons het begrip daarvoor dat daar soms omstandighede buite ‘n mens se beheer gaan plaasvind.

Dit het ook onder my aandag gekom dat daar steeds ouers is wat langs die bane kuier tydens oefening. Ons vra weer dat GEEN ouers langs die bane of onder die afdakkie by die bane tydens oefening sal wees nie. Julle is welkom om op die bankies onder die bome te wag. Dit trek die spelers se aandag af en bemoeilik die afrigter se taak.

Indien enige ouers betrokke wil raak en graag wil help tydens oefeninge, kontak my gerus, razelle@jvrprim.co.za  

Ons gaan binnekort die omsendbrief vir Woensdag en die naweek se sportdag uitdeel. Voltooi asb die afskeurstrokies en stuur spoedig terug. Die afskeurstrokies is van kardinale belang, veral wanneer ons busvervoer moet reël.

Baie dankie vir almal se ondersteuning. Geniet die seisoen.

Praise can be your most valuable asset as long as you don’t aim it at yourself.

– O.A. Battista

 

Vriendelike groete

J.H.Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209