Baie geluk aan Christin Meyer Gr 5L, wat hierdie week se Jannie van die Week is. Hou so aan met jou getroue herwinning. Ons hoop jy en jou familie geniet die Col Caccio’s geskenkbewys.
 
Soos julle al seker gehoor het is die nuwe Vlak 4 waterbeperkings om die draai. Hier is twee goeie wenke om te sien of julle water lekke het:
1. Sit ‘n bietjie kleursel in die sisten van die toilet – ‘n paar druppels beetsap sal die ding doen!  Wag vir 30 minute en sien of die kleur deurgelek het na die bak… indien wel het jy ‘n lek en kan dit regmaak.
2. Kies ‘n tyd van die dag waar die gesin nie water gaan gebruik nie. Vat ‘n lesing op jou watermeter en skryf dit neer.  Na 2 ure (met niemand wat water gebruik het nie…) vat die volgende lesing.  As daar ‘n opwaartse lesing is, is daar ‘n lek. Bespaar water soveel soos julle kan!