Op Donderdag, 18 Mei 2017, om 18:00 word daar ‘n inligtingsessie by die skool aangebied wat sal fokus op die integrasie/versoening van chromebooks/rekenaars ter ondersteuning en verryking van die kurrikulum om ons akademie te versterk.

 
Die inligtingsessie sal vir die graad 5 – 7 ouers belangrik wees, maar enigiemand anders kan dit ook bywoon om die nodige inligting te ontvang sodat u ten volle ingelig voel oor u kind se rekenaarblootstelling in die toekoms.
 
Laat weet gerus vir Leon Hanekom (leon@jvrprim.co.za) of u die sessie sal bywoon.  Die getalle sal bepaal waar ons die inligtingsessie sal aanbied.  Ons sal die lokaal betyds aan u per sms bekend maak.