Laerskool Jan van Riebeeck Nuus. (Ook beskikbaar op ons webblad).

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag    2017/05/04        Ouerbesoeke vanaf 16:00 tot 19:00

Donderdag    2017/05/04        ATKV-Uitdunrondte vir redenaars

Vrydag         2017/05/05        Gr.5-Studiekursus (werkswinkel)

Vrydag         2017/05/05        Eisteddfod

Saterdag         2017/05/06       Eisteddfod

Maandag      2017/05/08        BR vergadering

Vrydag         2017/05/12        Huppelland 10 jarige partytjie vanaf 10:00-12:00 (slegs kinders)

Vrydag         2017/05/12        Ons vier Wêreldboekedag

Dinsdag       2017/05/18        Gesprek:gr 5-7 ouers oor gebruik van chrome books

Saterdag      2017/05/20        Sportdag: Piketberg – Tuis

Woensdag    2017/05/24        Gr.6-kamp te Bainskloof tot Vrydag

Vrydag         2017/05/26        Gratis sivvies

Saterdag      2017/05/27        Sportdag te F.D. Conradie/Goudini – Weg

Woensdag    2017/05/31        WOW Spelkompetisie

Woensdag    2017/05/31        Liewe Aarde sivvies

Vrydag         2017/06/02        Veiling – The Grand, Granger Bay

Woensdag    2017/06/07        Japtrap skooltoestap

Vrydag         2017/06/09        Gr.7 se eksamen begin

Vrydag         2017/06/09        BR Bosberraad ( slegs vir die verkose lede)

Saterdag      2017/06/10        BR Bosberraad 

Saterdag      2017/06/10        Dapperstappers

Dinsdag        2017/06/13        Eksamen begin – Gr4-6

Vrydag         2017/06/16        Jeugdag

Maandag      2017/06/19         BR vergadering

Vrydag         2017/06/23         Eksamen eindig  

 Vrydag        2017/06/23         Gratis sivvies

Maandag      2017/06/26        Gr.1,3 en 6: Oogtoetse in saal tot Vrydag

Dinsdag       2017/06/27         Musiekkonsert in saal om 8:15  – Gr 4+5

Woensdag    2017/06/28         Musiekkonsert in saal om 8:15  – Gr 6+ 7

Woensdag    2017/06/28         Liewe Aarde sivvies

Donderdag    2017/06/29         Markdag: 12:00 – 12:45 

Donderdag    2017/06/29         Gratis sivvies

Donderdag    2017/06/29         Skool sluit 13:00 vir Gr1-3 en 13:15 vir die res

Vrydag         2017/06/30          Leerders ontvang rapporte (Gratis sivvies)

Vrydag         2017/06/30         Skool sluit om 10:45

Maandag      2017/07/24         Skole heropen

DIE SPORTSOORTE SE WEDSTRYDBEPALINGS IS TE SIEN OP DIE KALENDER

Uit die Hoof se Kantoor

Nuwe aanstelling

Dit is met groot hartseer dat ons aan die einde van die kwartaal moet afskeid neem van Juffrou Maryke van Rooyen (Graad 1). Haar man werk nou in Stellenbosch en hulle het besluit om soontoe te verhuis. Ons het vir Juffrou Astrid Jordaan in haar plek aangestel. Astrid het reeds 20 jaar ondervinding waarvan die laaste 15 jaar as Graad 1 Juffrou is. 

Winterdrag

Vanaf Maandag 8 Mei kan leerders op koue dae die skool se korrekte winterdrag dra, maar vanaf Maandag 22 Mei is die winterdrag verpligtend vir alle leerders.

Swem

Nicola Krige het gedurende die naweek van 23 tot 25 Maart in Port Elizabeth aan die SA Nasionale “levels “kompetisie deelgeneem.Sy het in 10 items geswem en het in al 10 die finale gehaal.Sy het altesaam 7 medaljes verower…l brons,2 silwer en 4 goud !! Baie geluk Nicola,ons is sommer BAIE trots op jou!

ALGEMEEN

Hierdie week se Janie van die week is Ewan Naude.  Baie geluk!  Ons hoop jy en jou familie geniet julle R100 geskenkbewys van Col Caccio’s.

Een van ons skool se mammas het onlangs vir Liewe Aarde vertel van ‘n wonderlike projek waarby ons graag betrokke wil raak.  Dit skakel heeltemal in met wat ons voorstaan – Verminder, Hergebruik en Herwin.  Soos julle al vir ‘n tydjie lank hoor het ons ‘n aksie teen die gebruik van plastieksakkies by ons skool.  Die  “Amma Plastic Project, South Africa” – projek herwin en gebruik plastieksakkies om mooi, duursame en bruikbare artikels te maak. Ons gaan hulle ondersteun deur om vir hulle al  ons sakkies aan te stuur. Ons vra dus dat julle asseblief net skoon plastieksakkies herwin… spoel die sakkies na gebruik in die oorskiet water in julle waskomme uit voordat julle die water in die tuin plaas. Ons beoog om binnekort een van die lede van hierdie projek te nooi om vir die kinders te kom wys wat hulle alles maak.  

Kyk gerus na hulle FB blad: https://www.facebook.com/AmmaSouthAfrica/?ref=bookmarks – ons gemors is vir hulle ‘n lewenslyn.

Hello parents! I hope you have all been able to take a peek at the new greener, and more alive Pure Good Snoepie. I do apologise for the delay in a lot of the things I discussed in my talk at the beginning of the year, we have had a slower than expected time getting everything up and running 100% and are still learning as we go. The interest already from the children has been phenomenal, asking questions about the plants and trying out some of the herbs. I’m really looking forward to broadening their minds to learn more about where their food is coming from. A child needs to be healthy to be educated, and educated to be healthy! ONLINE ORDERING:

Please all go to the Pure Good Website: www.puregood.co.za and click on the ORDER link on the top right. You will be asked to REGISTER an account. Please select Jan Van Riebeeck as your organisation and you will need to use the code “snoepie” to register. You account will be activated within 24hours of registering and you will be able to see the menu and place your preorders for the following week of the 14th May. You have until Friday 12th May 9am to place your order for the following week. This will run the same each week, final orders for the following week to be in by the preceding Friday 9am. This is where you will also be able to order the take home dinners and organic vegetable boxes.

If you would like to order an organic veggie box for collection on Friday 12th May please pop me a mail, they are limited to what the farms have to harvest each week so we run on a first pay first serve basis. The boxes contain and assortment of 9 x different organic vegetables & herbs ranging from spinach, kale, cauliflower, potatoes, herbs, lettuce and more. The box changes weekly according to what is available for harvest. The farm are currently in the process of building boxes from repurposed wood, especially for the JVR parents, which will be available to purchase and provides an easy and packaging free way to take home your veg. If any parents have a contact for lightweight scrap wood please let me know.

Please feel free to pop me a mail with any queries you may have. Yours in healthy goodness. Shannon – shannon@puregood.co.za 

 

Wanneer: 8-12 Mei

Waar: Eerste pouse in die vierkant

Wat: Sjokolade R25

Kaartjies R10-R15

Sleutelhouers met ʼn foto van jouself R35

Jy kan ook ʼn pamperlang-partytjie vir vier wen ter waarde van R1160, in die gemak van jou eie tuiste. Lootjies is vanaf 4 Mei te koop teen R15 elk.

Kliek hier vir ADVERTENSIES VAN DIE WEEK

Fondsinsameling Kompetisie

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan ons fondsinsamelings kompetisie. Dit was ‘n baie groot sukses en ons as OOV is baie bly om die wenners wat tydens die Potjiekos Kompetisie op 21 April getrek is, aan te kondig:

Eerste Prys:       Nell- Louise Viljoen

Tweede Prys:     Marga Insley

Derde Prys:        Stefan Keeve

Vierde Prys:       Bernard Taljaard

Vyfde Prys:        Monique Schoeman

Sesde Prys:       Marlise du Toit

Sewende Prys:   Christiaan Smit

Agtste Prys:       Elsa Hertzog

Negende Prys:    Isma van Tonder

Tiende Prys:       Ben Terblanche (GR4F)

Hoop julle geniet julle pryse sommer baie!!

Dan, die klas wat die meeste fondse ingesamel het was GR2J – Mev Marlene Jooste se klas!!  Baie geluk, julle!!  Ons hoop julle en juf Marlene geniet julle bederf sommer baie. 

Potjiekos Kompetisie:

Baie dankie ook aan almal wat bygedra het tot Saterdag 21 April se potjiekos kompetisie en boeresport se groot sukses.

Ons het heerlik saam gekuier, die potjies was oortreflik gewees, en te oordeel aan die talle vuil gesiggies wat rondgehardloop het – was die boeresport en ander aktiwiteite vir die kinders groot pret!  Baie dankie ook aan ons beoordeelaars Callie, Mari-Louis en Ian!!  Julle was puik!  Ons waardeer julle insette vreeslik baie.  Ons hoop om hierdie geleentheid sommer ‘n jaarlikse instelling te maak. Baie geluk ook aan ons wenners op die dag!!

Eerste Prys:   FC Smit en Ella Mari le Roux

Tweede Prys: Lawrie Wilkin en Kie

Derde Prys:   Rudi en Alet Barnard

Veiling 2017:

Ons herinner ook dan almal weer aan ons jaarlikse veiling wat plaasvind op Vrydag 2 Junie by die Grand Beach Café. Bespreek asseblief so gou as moontlik julle kaartjies om teleurstelling te voorkom.

E-pos asseblief vir esnaboshoff@vodamail.co.za 

AKADEMIE

3D Printing-gratis werkswinkel ( 4 Mei en 11 Mei)

 

 

KULTUUR

Eisteddfod naweek is hier!

Liewe Ouers en Jannies. Die Eisteddfod is op hande en ons sien almal baie uit daarna. Vrydag 5 Mei en Saterdag 6 Mei, sal 5 van ons skool se lokale gevul wees met talentvolle leerders.

Alle leerders het reeds laasweek lyste ontvang met al die nodige besonderhede op. Leerders moet asseblief betyds wees vir hul items, geklee in enige gemaklike drag. (Nie skooldrag nie).

Die lokale is dieselfde as vorige jare. Hier is ‘n kort opsomming, net om almal te herhinner watter lokaal waar is.

Lokaal A: Saal

Lokaal B: Juf. Charlene van Rooyen se klas.

Lokaal C: Biblioteek

Lokaal D: Juf. J.C Smit se klas.

Lokaal E: Juf. L. Schultz se klas.

 

SPORT

Kliek hier vir die WINTERSPORTPROGRAM – ook te kry op ons webtuiste by SPORT/OORSIG

Stephen Claassen het die naweek deelgeneem aan die Boland Mini toernooi en die o/14 enkels afdeling gewen. Hy en sy spanmaat het ook die dubbels gewen.

Baie geluk! Ons is trots op jou!

Nadat die aand onder ligte geeïndig het, is ons BAIE trots op elke Jannie wat Dinsdag, 2 Mei, aan die tweede rondte netbalproewe deelgeneem het.

Ons het drie O/11 spelers gehad wat deelgeneem het:

Jacomien van der Westhuisen, Neena Lonte en Leila Lonte. Sima Ngwenya het teen ander O/13 spelers kompeteer. Hierdie was ‘n strawwe rondte en ons spelers het teen ander spelers van onder andere skole soos Durbanville, Gene Louw  en Welgemeod kompeteer. Uit ongeveer 70 spelers word daar ‘n groep van21 spelers per ouderdom gekies.

Ons is baie trots op Sima Ngwenya en Neena Lonte wat ons Jannie-vlag hoog hou en volgende Maandag, 8 Mei, aan die volgende rondte by Curro Durbanville gaan deelneem. Ons hou vir hulle styf duim vas.

Ons kan ook amptelik bekend maak dat ons hierdie jaar ‘n borg vir die O/13 A span het. Ons verwelkom graag vir Just Property by die Jannie familie en kan nie wag om meer van hulle langs die sportveld te sien nie!

 

 

Lewenskragtigheid is nie net waarneembaar in die vermoë om te volhard nie, maar ook die vermoë om van voor te begin.

– Scott Fitzgerald

Vriendelike groete

J.H.Oosthuizen

SKOOLHOOF

 

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209