Laerskool Jan van Riebeeck Nuus. (Ook beskikbaar op ons webblad).

Liewe Ouers,

Datums

Dinsdag       2017/04/27        Vryheidsdag

Vrydag        2017/04/28         Skole vakansiedag

Maandag     2017/05/01        Werkersdag

Woensdag     2017/05/03       Japtrap skooltoestap

Donderdag   2017/05/04        Ouerbesoeke vanaf 16:00 tot 19:00

Maandag     2017/05/08         BR vergadering

Vrydag        2017/05/12        Huppelland 10 jarige partytjie vanaf 10:00-12:00 (slegs kinders)

Vrydag        2017/05/12        Ons vier Wêreldboekedag

Dinsdag       2017/05/18       Gesprek:gr 5-7 ouers oor gebruik van chrome books

Saterdag      2017/05/20       Sportdag: Piketberg – Tuis

Vrydag         2017/05/26        Gratis sivvies

Saterdag      2017/05/27       Sportdag te F.D. Conradie/Goudini

Woensdag    2017/05/31        WOW Spelkompetisie

Woensdag    2017/05/31        Liewe Aarde sivvies

Vrydag         2017/06/02        Veiling – The Grand, Granger Bay

Woensdag    2017/06/07        Japtrap skooltoestap

Dinsdag       2017/06/13        Eksamen begin – Gr4-6

Vrydag         2017/06/16        Jeugdag

Maandag     2017/06/19         BR vergadering

Vrydag        2017/06/23         Eksamen eindig  

                                          Gratis sivvies

Dinsdag      2017/06/27         Musiekkonsert in saal om 8:15  – Gr 4+5

Woensdag   2017/06/28         Musiekkonsert in saal om 8:15  – Gr 6+ 7

Woensdag   2017/06/28         Liewe Aarde sivvies

Donderdag  2017/06/29         Markdag: 12:00 – 12:45 

                                          Gratis sivvies

                                          Skool sluit 13:00 vir Gr1-3 en 13:15 vir die res

Vrydag       2017/06/30          Leerders ontvang rapporte (Gratis sivvies)

                                          Skool sluit om 10:45

Maandag    2017/07/24          Skole heropen

Boeresport, Potjiekos en Lootjies

Baie dankie aan almal wat Saterdag die boeresport en potjiekos-ete kom bywoon het. ‘n Baie groot dankie aan almal wat aan die potjiekoskompetisie deelgeneem het en baie geluk aan die wenners en natuurlik die beoordelaars!

Ek het nog nie van een person gehoor wat gekla het oor die kos nie en dit klink my alles wat te koop was (eet- en drinkgoed) teen die einde van die dag uitverkoop was. ‘n Groot dankie aan die OOV en ander ouers wat baie hard gewerk het om van hierdie dag ‘n reuse sukses te maak. Baie dankie ook aan almal wat so goed bygedra het vir ons lootjies. Dit klink vir my dat ons meer as R100 000.00 netto wins gemaak het, wat uitstekend is!

Oorhandiging van rugbytruie

Baie dankie aan ALMAL wat gisteraand se oorhandiging van die nuwe rugbytruie bygewoon het! Natuurlik ‘n baie groot dankie aan ons borge, nl. Jaco Erasmus en Gert Viljoen van Breë Straat Capital. Ons waardeer dit opreg en die manne lyk baie spoggerig in hul nuwe rugbytruie! Ons hoop net hulle speel ook spoggerig met hul nuwe truie!

ALGEMEEN

Ons vier Wêreld Boekedag op Vrydag, 12 Mei. Trek aan soos jou gunsteling Afrikaanse boek, karakter of outeur.

Baie geluk aan hierdie week se Jannie van die Week. Christopher Venter en sy familie het ‘n lekker R100 geskenkbewys van Col Caccio’s ontvang – lekker eet julle en baie dankie vir julle getroue herwinning.

Meimaand is op ons… en so ook ons eerste Japtrap Skooltoe stap dag – ons mik vir elke eerste Woensdag van die maand – wat nou komende Woensdag, 3 Mei gaan wees. Ons kom by De Waalpark (07:20)en Burside Road Park (07:30) bymekaar en stap die laaste entjie saam skool toe. Dit is groot pret, en gratis oefenning. Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien!

 

AKADEMIE

Die eksamenrooster vir Junie 2017 is nou beskikbaar.

Klik asseblief op die skakel om dit af te laai: Eksamenrooster Junie 2017



Ons skool het gisteraand spesiale erkenning ontvang tydens die distrik (OBOS Metropool Sentraal) se toekenningsgeleentheid omdat beide graad 3 en 6 ‘n gemiddelde % van 80% en hoër vir spesifiek Wiskunde tydens 2016 se sistemiese assessering behaal het. Ons is baie trots op hierdie puik uitslae.

Hier staan Mev. Marinda Brink van Laerskool Jan van Riebeeck tussen Mev. Tilla Botha en Mnr. Wayne Smit, albei vakadviseurs by Metropool Sentraal.

 

WOORD VAN DIE WEEK # 56

karnuffel

Wenner: Charlotte Crawford (Gr.4S)

Definisie: seermaak

Sin: My hond het die kat so erg gekarnuffel, dat ons hom veearts toe moes neem.

 

KULTUUR

Neem asb. kennis dat daar aan die einde van die kwartaal TWEE musiekkonserte sal wees. Al ons musiekleerders asook enige leerders wat buite die skool les ontvang, sal optree.

Dinsdag 27 Junie om 8:15  – Gr 4+5

Woensdag 28 Junie om 8:15  – Gr 6+7

Ons wens die deelnemers wat ons skool Donderdag, 4 Mei 2017, te Laerskool De Kuilen by die ATKV-redenaarskompetisie se uitdunrondte gaan verteenwoordig baie sterkte toe!

Gr. 3 – Danny Newton, Heloïse Strauss, Michelle van Niekerk en Daniël Wasserman

Gr. 4 – 5 – Stella Malan, Alexander Newton en Cayle Stoltz

Gr. 6 – 7 – Henri Malan, Inge Meyer, Lynette van Niekerk en Kate Wilkin

 

SPORT

Rugby wedstrydbepalings

Die 2de en 3de kwartaal se wedstryddatums is op die webtuiste te sien. https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/nuus/sportnuus/

Dit sal ook volgende week op die GOOGLE kalender op die webtuiste te sien wees.

Vyftien leerders het Vrydag, 21 April aan die eerste landloop wedloop van die seisoen deelgeneem. Dit het plaasgevind het by die Hout Bay International School. 

O/7:  Willem Burger 33ste Michel-George Delpierre 27ste

O/8:  Susan Burger 59ste Lea de Ridder 13de Markus de Rideer 56ste Sophia Liebenberg 12de Simon van Dyk 42ste Albert Griesel 25ste    

O/10:  Stephan Griesel 68ste Ruan Rossouw 16de Ruben Vorster 20ste  

O/11:  Eugenie Delpierre 20ste    

O/12:  Gabriël Smuts 29ste    

O/13:  Jordan Hoefer 39ste Divan Rossouw 6de  

Let asb. op dat die landloop oefening vanaf Mei- maand op Maandae en Woensdae om 16:00 – 17:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld sal plaasvind.   

Smart kan vir homself sorg, maar om die volle waarde uit vreugde te kry, moet dit gedeel word.

– Mark Twain

 

Vriendelike groete

J H Oosthuizen

SKOOLHOOF

Kanselleer Nuusbrief Subskripsie

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209