Laerskool Jan van Riebeeck Nuus. (Ook beskikbaar op ons webblad).

Datums

Donderdag     2017/04/20      0/13 rugby en netbal toerspanne teen ons

Vrydag            2017/04/21      Algemene Kennis

Saterdag        2017/04/22      Boeresport en potjiekompetisie op die Conradieveld

Saterdag        2017/04/22      Wêreld Boekedag

Dinsdag         2017/04/25       Gesprek met gr 5-7 ouers. ( kommunikasie, Chrome books)   

Dinsdag         2017/04/25       Rugby: Truioorhandiging om 18:00

Dinsdag         2017/04/27       Vryheidsdag

Vrydag           2017/04/28       Skole vakansiedag

Maandag       2017/05/01       Werkersdag

Donderdag    2017/05/04        Ouerbesoeke vanaf 16:00 tot 19:00

Maandag       2017/05/08       BR vergadering

Vrydag           2017/05/12       Huppelland 10 jarige partytjie -10:00-12:00 (slegs kinders)

Saterdag        2017/05/13       Mini Netbaldag teen Monte Vista o/7 – o/9

Saterdag        2017/05/20       Sportdag: Piketberg – Tuis

Woensdag     2017/05/31       WOW Spelkompetisie

Vrydag           2017/06/02       Veiling – The Grand, Granger Bay

Dinsdag         2017/06/13       Eksamen begin – Gr4-6

Vrydag           2017/06/16       Jeugdag

Maandag       2017/06/19       BR vergadering

Vrydag           2017/06/23       Eksamen eindig.Gratis sivvies

Donderdag    2017/06/29        Markdag: 12:00 – 12:45.Gratis sivvies                                Donderdag    2017/06/29        Skool sluit 13:00 vir Gr1-3 en 13:15 vir die res

Vrydag           2017/06/30        Skool sluit om 10:45. Leerders ontvang rapporte

Maandag       2017/07/24        Skole heropen

Uit die Hoof se Kantoor

SATERDAG 22 APRIL: POTJIEKOS EN BOERESPORT

Ons hoop om almal eerskomende Saterdag op die Conradieveld te sien! Die OOV het baie moeite gedoen om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak. Daar sal baie eet-en drinkgoed wees en vermaak vir oud en jonk! Die verrigtinge sal om 08:00 begin en behoort teen ongeveer 14:30 klaar te maak.

NUWE LEERKRAG

Ons wil net vir juffrou Nadia Stahmer baie wekom sê. Sy is tydelik in Mnr. Wayne Smit se plek en sal verantwoordelik wees vir die graad 5’s se Afrikaans en graad 7’s se Geskiedenis.

NUWE LEERDERS

Baie welkom aan die nuwe leerders en ouers by ons skool! Ons hoop julle sal gou aanpas en baie gelukkig wees.

OUERBESOEKE: DONDERDAG 4 MEI

Ons herinner alle ouers om ‘n afspraak te maak met u kind(ers) se klas- en of vakonderwyser(s) op Donderdag 4 Mei tussen 16:00 en 19:00. Afsprake is slegs 10 min lank en u kan dit bespreek by Adri Marais. Die rede vir die afspraak is dat u die geleentheid kry om u kind(ers) se vorderingsverslae van die afgelope kwartaal met die betrokke onderwyser kan bespreek. Dit is slegs vir leerders vanaf graad 4 tot 7. Graad 1 tot 3 onderwysers tref ander reëlings vir ouers om hulle te kom sien.

ALGEMEEN

Saterdag gaan ons groot pret hê!!!!!  Dit gaan ‘n oggend vol pret en geselligheid wees met vermaak vir oud en jonk waarna ons heerlik gaan smul aan die potjiekos gemaak deur ons deelnemers. 

Ons verkoop worsrolle, pannekoek, koeldrank asook wyn en bier….“OH JACK” gaan sorg vir fantastiese musiek. Eiergooi!!! Aartappelresies!!! Sakresies!!!Driebeenresies!!! Toutrek!!! Oud en jonk kan deelneem!! BAZINGA gaan sorg vir Ballone @R20 per ballon figuur en Gesigverf @R20 per gesiggie. Ete en Nageregkaartjies is nog beskikbaar.  R70 vir volwassenes en R40 vir kinders.

Kontak asseblief vir esnaboshoff@vodamail.co.za om kaartjies te koop. Hoop om julle almal daar te sien!!

OOV 

AKADEMIE

Graag wil ons al ons gr. 4 – 7 leerders blootstel aan ‘n studiemetode werkswinkel en het besluit om iemand te vra om dit vir elke klas van gr. 4 – 7 aan te bied.  Ons wil elke leerder toerus met genoegsame kennis om so goed moontlik te presteer.  Hierdie werkswinkels is gratis en dit word gedurende skooltyd aangebied. Elke klas sal min of meer ‘n 2 uur  sessie bywoon.

Graad 7 – 21 April 2017

Graad 6 – 24 April 2017

Graad 5 – 5 Mei 2017

Graad 4 – kwartaal 3 (datum nog nie bepaal nie)

 

SPORT

Sportprogram vir 2de en 3de kwartale

Baie dankie vir almal se ondersteuning vir die nuwe seisoen. Ons begin sommer baie vroeg met wedstryde vir O/13 teen ‘n toerspan vanuit Engeland. Die eerste rondte WP proewe vir o/11 – o/13 vind ook komende Maandag by Laerskool Monte Vista plaas. Ons wil vir al die spelers baie sterkte toewens.

 

Indien iemand hul pienk Netbalinligtingsboekie verloor het met al die inligting vir die seisoen, is dit ook op die webwerf beskikbaar: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/sport/netbal/. Alle datums vir wedstryde sal ook gereeld opgedateer word op die webtuiste se kalender en dagboek.

 

‘n Paar van ons leerders het gedurende die vakansie ‘n bietjie ekstra netbaloefeninge gedoen saam met die WPNA, “Pienk-tannies”. Ons hoor dat dit sommer vet pret was en hulle het heelwat nuwe vaardighede aangeleer. Vir die wat dit gemis het, hou julle oë oop vir die volgende kliniek.

 

Ons verwelkom ook graag vir Almeri de Vries by die O/9 groep. Sy gaan hierdie jaar vir Juffrou Schultz help met afrigting.

 

Die GROOT nuus is dat ons nou nuwe wedstrydklere vir ons Jannies het. ​Hierdie hempie word slegs op wedstryddae gedra sodat ons dit langer netjies kan hou en is by die klerebank beskikbaar. Die hempie kan ook gedurende die somer sportseisoen vir tenniswedstryde gedra word. 

Baie sterkte vir almal hierdie jaar, ons hoop om ​binnekort nog ‘n netbalverrassing met julle te deel.

 

Die WP O/13 Interpro-span het in die nasionale provinsiale skole toernooi in Bloemfontein gespeel en Stephen Claassen het as no.3 vir die span van 6 gespeel. Hulle het ongelukkig in die semi-finaal teen Boland verloor en sodoende 4de in die toernooi geëindig. Stephen het daarna aan die Free State TSA vir u/14 deelgeneem. Hy moes eers in n kwalifiserende toernooi van 128 spelers speel. Hy het die kwalifiserende toernooi gewen en in die TSA, 20 ste geëindig. Daarna het hy in die TSA Junior Nationals gespeel en 30 ste geëindig in ‘n veld van 64 spelers. Baie geluk Stephen!

 

Sportafrigting in die CBD 

Multi Sport Coaching in the CBD (Volg die skakel)

 `n Jannie wat kan swem

Ons sê baie geluk aan Pierre Botha wat die afgelope vakansie die Wes-Kaap in 2 sportsoorte verteenwoordig het en besonderse prestasies behaal het.Pierre is gekies vir die Wes-Kaap Lewensreddingspan en het op Donderdag, 6 April 2017 in Kings Beach Port Elizabeth aan die SA Lewensredding Kampioenskappe deelgeneem. Die Wes-Kaap het 2de geëindig na KZN. Pierre het ook `n 4de plek in die “Surf Swim” behaal.

Pierre is ook gekies vir die Wes-Kaap skole swemspan wat vanaf 10 tot 13 April aan die SA Skool SportKampioenskappe in Polokwane deelgeneem het. Hy het in vyf items deelgeneem waarvan hy twee 4de plekke en drie 5de plekke behaal het.

Tydens die naweek van die 23ste toe 26ste Maart het Pierre aan die SA Vlak 3 Kampioenskappe in Newton Park, Port Elizabeth deelgeneem. Hy het in 13 items deelgeneem. Baie geluk met jou 6 finale en een goue medalje.

Luan Krige het gedurende die afgelope vakansie  deelgeneem aan die SA-tweekamp byeenkoms in die Paarl. Met meer as ‘n 1000 atlete wat deelgeneem het, was dit iets om te  beleef. Dit was wonderlik om te sien hoe die jeug van Suid-Afrika presteer.

Luan is 0/11 en het saam met 74 ander atlete in sy ouderdomsgroep deelgeneem. Hy het sy beste tyd in die 800m gehardloop en sy vorige beste tyd met 4 sekondes verbeter. 2min 43 sek. Hy het net so goed geswem en die 50m in 37 sekondes voltooi. Dit het sy puntetotaal gebring op 2267. Luan se beste vertoning vir die seisoen. Die wenner van die byeenkoms het 2394 punte behaal. Die kompetisie was uitstekend en Luan het algeheel 22ste geeïndig.

Dit is ‘n puik prestasie en ons sal hom  in die nuwe seisoen dophou.

Ons almal is uiters trots op jou Luan! Wel gedaan!

Die 0/12 en 0/13 WP-proewe se eerste rondte vind môre plaas in Atlantis. Agt van ons spelers gaan aan die eerste rondte deelneem. Die 0/12 spelers: Stefan van Wyk, Henry Potgieter, Stef Mostert, Johann Jordaan en Gerard Snijders. Die 0/13 spelers: Ryno Loots, Stephan le Roux en Daniël Strydom. Ons wens al die spelers sterkte toe. ‘n Volledige berig oor die proewe sal volgende week in die nuusbrief verskyn.

To succeed in life, you need three things: a wishbone, a backbone and a funny bone.

(Reba McEntire)

 

Vriendelike groete

J H Oosthuizen

SKOOLHOOF

 

 

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209