Laerskool Jan van Riebeeck Nuus. (Ook beskikbaar op ons webblad).

Datums

Vrydag            2017/03/24   Fotodag

Maandag        2017/03/27   Lead4Life – Klubhuis (Gr.6)

Maandag        2017/03/27   Alle Wintersportoefeninge begin

Dinsdag          2017/03/28   Wintersportoefening

Dinsdag          2017/03/28   Musiekkonsert (Gr.1-3) (08:15 – 09:30)

Woensdag      2017/03/29   Herwinnings sivvies

Donderdag     2017/03/30   Gratis sivvies, Skool sluit 13:00 (Markdag vanaf 12:00-12:45)

Vrydag            2017/03/31   Gratis sivvies, Skool sluit 10:45

Uit die Hoof se Kantoor

Ouerbesoeke, Graad 4 -7  – Donderdag 4 Mei – Tweede kwartaal

Ouerbesoeke sal op Donderdag 4 Mei vanaf 16:00 – 19:00 plaasvind. Die rede vir die besoek is om u kind se vorderingsverslag met sy/haar onderwyser te bespreek.

Om ‘n afspraak te maak met ‘n spesifieke onderwyser(s) of onderwyseres(se), kontak asseblief vir Adri Marais by die kantoor voor of op 3 Mei. Afsprake sal slegs 10 minute lank wees en ons versoek ouers om asseblief betyds en kort en kragtig te wees om sodoende almal te akkommodeer.

Die graad 1-3 juffrouens reël self hul afsprake en u hoef dus nie die kantoor te kontak nie.

ALGEMEEN

Alle leerders moet in korrekte skooldrag geklee wees.

Die klasfoto’s word geneem.

Baie dankie aan elke liewe Jannie, en hul families en vriende, vir die ongelooflike ondersteuning wat ons verlede week ontvang het. Die insameling van die toiletware was ‘n reuse sukses. Elke bydrae word werklik waardeer!

Die toiletware is reeds Vrydag deur Juf. Storm gaan aflaai by die geallokeerde punt en word by skryfbehoefte-pakette gevoeg, vir die leerders van die skole wat geraak is deur die brande.

Weereens baie dankie!

Blikkie en Broodjie

 Woensdag die 29ste Maart ,is die laaste kans voor die vakansie om kos te skenk aan kinders in nood in Khaylelitsha. Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning die afgelope kwartaal – dit het ‘n reuse verskil gemaak!

Soos elke jaar, samel die Lions Club paaseiers in vir behoeftige kinders.

Bring asseblief paaseiers skool toe en plaas dit in die houer by die kantoor.

Die laaste dag vir insameling is Donderdag, 30 Maart.

AKADEMIE

So het die eerste kwartaal ons verby gesnel. Reeds van die begin van die jaar word Wiskunde onderrig deur:

Gr.4 : Me. Ischke Felix

Gr.5 : Mnr. Theuns van der Bank

Gr.6 : Mnr. Timothy Lilly

Gr.7 : Mnr. Leon Hanekom

Mnr. Hanekom dien dan ook as vakhoof vanaf 2017. Elkeen van hulle het Wiskunde gehad op Universiteit en ons plaas ‘n hoë premie by Laerskool Jan van Riebeeck t.o.v. Wiskunde. Ons uitslae in die verlede spreek vanself. Hierdie groep is vol ywer om hierdie standaard te handhaaf.

Sien asb. webtuiste waar al die verrykende aktiwiteite aangedui word.

Indien u enige bekommernis het kan u met mnr. Hanekom skakel. Dit is grotendeels sy entoesiasme en deursettingsvermoë dat ons verlede jaar albei trofeë ontvang het by die wiskundekompetisie te Melkbosstrand.

KULTUUR

Dinsdag, 28 Maart, Gr.1-3

As gevolg van verskeie versoeke van ouers, sal ons die musiekkonsert in twee verdeel om almal wat ook buite die skool musiek neem, te akkommodeer. Laat asb vir juf. Groenewald teen Vrydag 24 Maart per e-pos  weet watter kinders wil speel sodat hulle name op die program kan kom.

Die konserte sal as volg wees:

08:15  :  Graad 1 + 2

10:30:  Graad 3

Die Juniorkoor sal om 10:30 sing. (aan die begin van die Graad 3 groep se tydgleuf) 

---

SPORT

Alle Wintersport begin amptelik Maandag 27 Maart 2017. Rugbyspanne oefen op Conradieveld behalwe die o/9 rugbyspanne, wat by die skool oefen. Netbalspanne oefen almal by die skool.

Landloop vind plaas op Maandae en Woensdae op die JvR hoërskoolbaan. Wintersportprogram sal op die webtuiste wees vir kwartaal 2 en 3 vanaf  Vrydag 24 Maart 2017.

Kliek hier vir Advertensies van die Week

It is not enough to have a good mind. The main thing is to use it well.

– Rene Descartes

 

Vriendelike groete

J.H.Oosthuizen

SKOOLHOOF

 

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209