Eerskomende Vrydag is ons jaarlikse Kleuregala. Leerders kom by hul registerklasse bymekaar net soos `n gewone skooldag. Ons beoog om 8:15 met die eerste item te begin.
Leerders moet asseblief geklee wees in hul korrekte JVR-swemklere met hul JVR-sportklere bo-oor (hoedjies is verpligtend).  

Daar gaan nie hierdie jaar programme uitgedeel word nie. Die programmetjie van 31 bladsye, is aanlyn beskikbaar op die webwerf. Dit gaan ook op verskeie plekke opgeplak word.

Ons het dit ook goed gedink om die leerders hierdie jaar onder die skadunette te laat sit. Toeskouers moet asseblief self voorsiening maak om hulself teen die son te beskerm, aangesien daar net `n beperkte hoeveelheid sitplekke in die skaduwee kan wees.
Ons hoop om almal daar te sien. 

Kliek op die Download PDF ikoon hier onder, om die program na u rekenaar of slimfoon af te laai.

Kleure Swemgala Finaal