Die NUUSBRIEF verskyn weekliks op ons webtuiste ( www.jvrprim.co.za).
Hierdie eerste nuusbrief word vandag in papier kopié uitgestuur,maar van volgende week af, sal dit slegs met hoogste uitsondering in papier kopié aan u besorg word. Ons leef in ‘n tegnologiese wêreld en wil boonop papier en ink bespaar. Dus sal slegs die ouers wat GEEN internet toegang het tuis of by die werk, ‘n papier kopie ontvang.
BAIE BELANGRIK: Registreer by www.jvrprim.co.za/ouer-registrasie en voltooi so gou as moontlik u volledige besonderhede op ons webtuiste as u dit nog nie gedoen het nie. Ook as enige van die inligting wat u reeds ingelees het, verander het. Sodoende is u verseker van goeie kommunikase met die skool. U sal dan ook weekliks die NUUSBRIEF per E-pos ontvang of u kan dit self gaan lees op ons webtuiste.