J & J DRAMASKOOL

Jana Claase en Jana Nel is baie trots op die sukses wat hulle dramaskool in 2016 behaal het. Die skool bied dramaklasse aan vanaf die ouderdomme 3 tot 13 jaar.
· Die klasse is  baie belangrik om u kind se verbeelding en kreatiwiteit te stimuleer, spraak te bevorder en SELFVERTROUE op te bou.
· Die kinders leer hoe om gemaklik voor ‘n gehoor op te tree, verskillende karakters te vertolk en sodoende hul eie individuele stempel in die samelewing af  te druk.
· Drama-opleiding is dus uiters belangrik vir kinders se ontwikkeling, selfvertroue, groep-funksionering en sosiale intelligensie.
· Ons het beide ons Bdrama- graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en bied sedertdien privaat dramaklasse vir laerskool-, voorskoolse- en hoërskoolleerders aan.(2007-2016)
· Ons het reeds vanaf 2007 elke jaar  ‘n  toneelstuk op die planke gebring en die afgelope  3 jaar word almal in die 4de kwartaal in die produksie betrek. (vanaf 3jr. – 13 jr.).

Indien u kind sou belangstel om hierdie jaar Dramaklasse te neem, vul asb. die afskeurstrokie in . Handig dit in by Marianna Oosthuizen.

Baie dankie

VUL ASB VORM IN. Kliek hier.