Dis ‘n riem onder die hart om betrokke by ons skool se redenaars te wees.   Die talentbeker loop oor.  19 Leerders het die afgelope twee weke aan twee verskillende redenaarskompetisies (Kans!Vatter en ons interne skoolkompetisie) deelgeneem – alles om ons deelnemers en voornemende sprekers so goed moontlik voor te berei.

Die volgende leerders is verkies om ons skool by die AKTV se eerste rondte te verteenwoordig wat vroeg in die tweede kwartaal gehou sal word:

Gr. 3 – Jana Brink, Stella Malan, Armand Meyer en Cayle Stoltz

Gr. 4-5 – Bernard Lombaard, Henri Malan, Alexander Newton en Anna van Biljon

Gr. 6-7 – Jana-Mari Beukes, Nita de Jager, Emma McNab en Kate Wilkin

Ons hou duim vas!