Volgende week, 6 en 8 Desember, vind ons jaarlikse kleure-atletiek op Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.

Sien alle inligting rakende die twee dae in die program.

Opgewondenheid heers aangesien die blou- en oranjespan reeds vir twee weke hul verskeie liedjies oefen om die ander span lekker gas te gee.

Ouers/voogde, julle word uitgenooi om solank aflosspanne bymekaar te maak sodat die middag op ‘n lekker hoë noot kan afsluit.

Kom geniet twee fantastiese atletiekbyeenkomstes saam met ons.

FINAL PROGRAM - 2023 Kleure-atletiek (1)